Titel: Stompsinnigheid
Deur Ronel Janse van Vuuren

“Probeer ‘n ander een. Vinnig!” sê Maggie terwyl sy rond trippel.
“Ek het! Die chimera is net té sterk!” Danielle kyk na die monster moedeloos.
Lawa spat na hulle vanaf die vreesaanjaende gedierte se bek en mis hulle net-net soos ‘n botsende towerspreuk die chimera in die oog tref.
“Ek’s te jonk om te sterf!” gil Maggie.
“Regtig? Ruk jouself reg, sentaur. Ons gaan nie vandag sneuwel nie.”
Danielle haal ‘n sak vol bessies en kaas uit, fluister ‘n towerspreuk en gooi die kos na die chimera.
“Hardloop!”
Terwyl die vreesaanjaende gedierte hulle middagete eet, sap en lawa wat orals trek, vlug die sentaur en die heks by die berg af.
“Nie. ‘n. Woord. Nie,” sê Danielle. As enigiemand sou uitvind dat hulle na die Monster Huis gegaan het, sal hulle uitgelag en gestraf word.
“Ek stem,” runnik Maggie.