Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: stilte

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 29 Maart 2020 Aantal woorde: 95 32 Kere gelees Hou van

my duin lê stil
as stilte kon praat
sou dit dawerend antwoord
enkele beweging van motors
wat uitdagend wil beweeg
besoekers wat hier kom
wegkruip het teen see
spoedig sal hul ook
moses ontmoet
met sy tablet
selfs voëls
sit verbaas
dog kordaat
oor elke dag
se stilte
wat hul nie
begryp
en bad rustig
in water
poel
my
brak
verstaan
gladnie die
ongewone stilte
en blaf aspris
om klank
te kan
hoor
so
word
almal stil
en dink
dalk
onverwags
weer aan hul
Skepper
en besef Hy
is steeds
in beheer

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 816
Kommentaar telling: 117

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 69 gaste aanlyn

Bydrae Totale