Titel: Sterflikheid
Deur Marieta McGrath
onkeerbaar krimp en swel die maan
die grafwaartse kronkel van ons lewenspad
onderhou deur ‘n God van liefde wat
onkeerbaar krimp en swel die maan
wat berei vir ons die hemelse stad
wyl ons in ootmoed voor hom staan
onkeerbaar krimp en swel die maan
die grafwaartse kronkel van ons lewenspad
(triolet)
TEMAS
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2018 projek
Zebulon Kochk
Hartrakende gedig mooi geskryf kort en kragtig