Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Sterbevangedonker

Deur Récayla
Datum gepubliseer: 20 Oktober 2019 Aantal woorde: 175 43 Kere gelees 1

Die maan bewaak jou
die sterre vou
om jou drome
waar jy stil en rustig vir droomland
kuier en jy in alles glo
wat die wêreld sê is waansin,
die moeë van die dag verdwyn
waar alles waaroor jy kwyn
saam met die fluister van die nag wegwaai
jou wense word herlaai
alles in die leeftyd van die sterre en die maan
jou wimpers wat eens was swaar
fladder-fladder oop
soos die son en sy arms jou doop
in die vroeë oggendure
met net die reuk van gisteraand se braai vure
wat in die lig hang
in die verte die gekoer-koer van die serenade van die sterre
en een vir een vang
die laaste ster
jou drome en bêre dit ver
totdat die voëls weer hulle oë toe knip
en niks die lig van die sterre kan keer
maar totdan groet jy jou wense
en omring jou met eenvoudige mense
en jou hart droewig sy lied sing vir die maan met die hoop
dat die sterbevangedonker weer vinnig saam jou sal loop.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 8
Kommentaar telling: 0

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 34 gaste aanlyn

Bydrae Totale