Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: stem van die woud

Deur Tia
Datum gepubliseer: 13 Julie 2019 Aantal woorde: 91 89 Kere gelees 3

stem van die woud

hoor die stem van die woud
weer nog ‘n keer roep
kom tuis na die woud
waar w-a-r-r-e-l-w-i-n-d
gedagtes
rustig kan raak
met oorvloedig asem
en kalmte wat nooit
op sal raak

die woud wag nou
bome staan hoog
en getrou
teen die safier in die hemelse
boog van blou
ook in die grys van die donker
se grou

kom dans in die woud
sodat
die son en maan aan die
stry kan raak

oor wie
eerste vir jou ‘n
sprokie uit ‘n
skaduwee kan maak

Tia ©




TEMAS
1 Kommentaar
  1. morne du preez

    15 Julie 2019

    sprokie uit skadu maak so mooi……

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 28
Kommentaar telling: 3

Ek doen verpleging in psigiatrie as werk en is ‘n dromer wat graag dig en skryf.. maar nooit gedink enige iemand sal dit ooit raaklees... nou gryp elk elke geleentheid aan.. en geniet dit om met woorde te speel  

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 93 gaste aanlyn

Bydrae Totale