Jongste aktiwiteit:

Steenkooltrein (oktaaf)

Die Ou Steenkooltrein

Ek onthou die amegtige asmatiese steenkooltrein
op ysterspore se klikkeklak klikkeklak wielrefrein
en die lokomotief wat tjoek tjoek die stasieterrein
nader en met luide trompetter en ouwêreldse grasie inry—
Dan word sissende eers stoom afgeblaas in ‘n walmsprei
soos ‘n duisend seroete se rookwolke dan galmskrei
die wegtrek sirenegefluit stiptelik op tyd as hy voortskry
op sy wielspore so moenie verpas wees betyds vir saamry—

Janetta – Helena [Babs]©




5 Kommentare

  • Anze

    Briljant tannie Babs

  • neels

    Ai ai hoe roer jy my ou spoorweghart nou

    • Janetta-Helena Boonzaaier

      Neels ek het baie op sulke ou steenkooltreine gery daardie jare vanaf die ou SWA Unie toe, en ons was so dankbaar toe die eerste dieselenjins of lokomotiewe in gebruik gekom het! Ek het meer as eenkeer 'n blerts rook in die gesig gekry van by die venster lug soek! Die etes was onverbeterlik, maar ek het nooit weer lang treinritte onderneem nie!

  • Koekekranka

    Dankie Babs vir jou deel van so 'n heerlike stukkie gister. Kan ook nog die soeterige borstoetreksteenkoolrook (wanneer die wind van agter vinniger as die stoomenjin gespoed het en so die rook oor die slaapwaens as't ware opgedam het) in my verbeelding proe. Maar die getik,tiktik-tiktik van die ysterwiele oor die lasplekkies in die treinspore was aan-die-slaap-sus heerlik en die wiegbeweging van die waens bly mens mos maar nog net so by... Welgedaan en weer eens baie dankie vir die opwek van so diepe nostalgie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed