Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: STASIESTORIES

Deur neels
Datum gepubliseer: 23 April 2016 Aantal woorde: 2149 1013 Kere gelees 6

Net Buitekant Kroonstad, op die Bethlehem lyn is Featherstone stasie. Een van die stasievoormanne wat jare op Featherstone was was oom Koos van Dyck, ook n legende.

So gebeur dit een jaar dat ek oom Koos moet gaan aflos toe hy op verlof gaan en val ek die aand nagskof in.

Toe bedryf nege uur bel om treintye te vat is die selektorklerk, Kierie Nel se eerste vraag waar oom Koos is.

Waar die gedagte toe vandaan kom, seker maar Handsome, weet ek nie maar antwoord ek ewe sedig dat oom Koos op studieverlof is.

“Studieverlof’, vra n verbaasde Kierie. “Nou wat studeer oom Koos’, vra Kierie verder.

“Wysbegeerte’ antwoord ek ewe sedig.

Die storie bly toe daar maar twaalf uur toe Kierie weer treintye vat kom oom Koos se studieverlof weer ter sprake.
Kierie is vol verwondering vir oom Koos wat dan nou verder studeer en dat dit seker moeilik moet wees.

“Nee wat man. Dit is maklik. Oom Koos sit op die strand en begeer as die jong meisies in hulle bikinis verbystap”, antwoord ek vir Kierie.

Kierie het toe dadelik besef dat ek hom vir n aap gevang het maar al wat hy kon sê was: “Ag f.of man”.

Oom Koos se kollega was oom Harry Nel. Met die elektrifikasie van die Behlehem Kroonstad lyn destyds is die spoorlyn op n hele paar plekke verlê en het Featherstone n nuwe stasie gekry.

Oom Harry het, nadat hulle die nuwe stasie betrek het, blou gesweer dat die nuwe stasie op n ou tommie begeraafplaas gebou is. Hy het ook blou gesweer dat die Engelse soldate soms snags al om die stasie marsjeer.

Oom Koos het natuurlik nooit niks gesien as hy die week nagskof is nie maar het die storie begin kloop.

Omdat van die Bethlehem drywers nog nie die nuwe lyn geken het nie moes die loko inspekteurs die treine van en na Featherstone vergesel tot doe drywers op die lyn getoets is en die storie het ook hulle ore bereik.

Hulle besluit om een aand om vir oom Harry n streep te trek as hulle met die motor uitgaan Featherstone toe om n trein te gaan vergesel. Daar word toe afgespreek dat die een onder die stasie, deur die opening waardeur die sinjaaldrade gaan, sal inkruip. Die ander een sal dan in die stasie ingaan en bietjie by Harry verneem wat se gespokery is dit. Hy sal dan vir Harry vra wat hy sal maak as n stem vir hom sê dat dit sy tyd is en dat hy nou gehaal word. Dan sal die ander een onder die stasie daad by woord voeg en vir Harry sê dat dit sy tyd is en hy nou gehaal word.

So gesê, so gedaan maar toe kry hulle n wrede ontnugtering.toe die man in die stasie vra wat hy sal dan as n stem hom vertel is dat dit sy tyd is en hy nou gehaal word pluk hy n yslike pistool uit.

“Sien jy hierdie pistool? Ek skiet hierdie vloer dat hy soos n sif lyk’ kom die antwoord.

Dit het baie moeite gekos om oom Harry so kalm te kry dat die ander man darem onder die stasie kan uitkom sonder dat oom Harry aan die skiet gaan.

Dan is daar die storie van die taklyn stasie waar die stasiemeester ook so baster boerdey aan die gang gehad het.
Een van die stasiemeester se koeie het begin kalf maar wou die kalf net nie kom nie. hoog bekommerd kom die man werk toe met die gedagte dat hy maar kort kort sal gaankyk wat aan die gang is met die koei.

Dit was toe Murphys law op sy beste in werking tree.

Skaars by die stasie ofr hy moet van die hooflyn stasie af verneem dat die afdelings bestuurder op trajek besoek is.

Hoe nou gemaak, hy kan nie gaan kyk nie want hy kan dalk net weg wees of die man arriveer en boonop is die enigste trein ook nog oppad.

Met die aankoms van die trein besluit hy en die sdrywer hulle gaan gou kyk hoe dit met die koei gaan. Die klerkie word vertel dat hy vir die mense moet sê dat hy en die drywer gou teen die spoorkyn op is om iets te gaan kyk.

Soos dit nou maar is is die twee net weg toe stop die motor met die hoë besoekers vir hulle besoek aan die stasie.

Die klerkie is dadelik by toe die menere instap en vra of die man dalk die afdelingsbestuurder is. Op bevestiging kom sy kommentaar: “Hel meneer jy is in groot moeilikheid by die essem. Hy wag al die hele oggend vir julle”.

Ek moet van Thomas vertel. Thomas was my stasiejong op Rooiwal stasie. Elke oggend ses uur stap Thomas saam met my die stasie in, somer en winter. Thomas was een van daardie wat nie kon lees en skryf nie en was dit altyd vir my verstommend dat hy weet om klokslag sesuur saam met my die stasie in te stap.

Eendag toe ek hom daarna vra antwoord hy my dat as hy die melklorrie hoor verbygaan weet hy dit is opstaantyd.

Thomas se pligte was baie. Sy eerste plig in die oggend was om koffie te maak op die gasstofie, hy moes an die staie skoon maak, die tuin versorg, die lister aan die gang gaan kry om die tenks vol water te pomp en nog vele meer.

So gebeur dit een oggend dat Thomas eers sewe uur asvaal die stasie instorm. Op my vraag of hy nie die melklorrie gehoor het nie skud hy sy kop.

“Daardie hoermeid se skuld. Sy het my ore toe gelê toe Thomas hoor nie die melklorrie nie”.

Op Afrikaskop was n stasievoorman Augutyn wat maar lief was vir sy slapie in die nag so tussen die treine deur.

So kom staan n trein een aand voor sy rooi sinjale. Na so vyftien minute se gefluit stuur die drywer die stoker stasie toe om te gaan kyk wat aangaan.

Die man se vrou het intussen ook wakker geword van die lawaai en bsluit om die man te loop wakker maak.

Toe sy in die pad val stasie toe is sy so n paar treë agter die stoker met haar spierwit kamerjas en toe maak sy die fout om die stoker te groet.

Toe die man omkyk en die wit gedaante agter hom gewaar was dit vir hom net een te veel. Met n kreet vlieg hy om, loop die arme vrou uit die aarde uit, en laat waai terug trein toe waar hy asvaal die drywer van die spook vertel.

Ek moet die storie van motorbike Greyling vertel. Hy was n drywer op Hennenman en as jy die man nou wil kwaad hê
Moet jy maak of jy n motorfiets aan die gang skop en met hande uitgestrek brm brm.

Waar die rangeerders die ou fietsraam gekry het weet nugter. Die wordd toe die middag voor aan die lokomotief vasgebind en en daar gaan hull Kroonstad toe met die fietsraam vooraan vas gebind.

Hulle moes toe inm Kroonstad loko toe om te gaan lokomotiewe ruil en was dit toe die loodsman die vasgebinde fiets ontdek. Hy het die fiets los gemaak, geweet dat iemand nou weer hier met n ding besig is, en weer voor aan die nuwe lokomotief vas gemaak.

Toe hy in die roosterkantoor kom vertel hy vir Gert; “Gert jou fiets is weer vooraan vasgemaak wat jy vergeet het om af te haal”

Die man stap toe saam met Gert lokomotief toe en moes na die ontdekking lelik hardloop om voor die vlieënde steenkool weg te kom.

White-Wes was n seinhuis wat die toegang tot die Welkom lyn beheer het. Hier het ek my een oggend self in die toilet toegesluit.

Die storie het so gekom. Die binneknip van die deur was af en toe ek die oggend daar aanmeld om daar af te los word ek nogal gewaarsku daarteen.

So sewe uur se kant toe roep die natuur en dit is toe ek op die sitplek gaan sit en die deur toeskop wat ek te laat besef dat die handvatsel af is.

Hoe nou gemaak, ek is klaar en wil uit. In die seinhuis hoor net klokke soos die stasies lyn soek vir treine. Daar bly nou net een raad oor ek moet deur die klein venstertjie probeer uitkom.

Toe ek op die bank gaan staan en deur die vnster kyk sien ek die swart man daar verby stap. Hy word nader geroep en kom staan hy by die venster. Ek leun toe deur die venster en druk op sy skouers. Met n pynlike operasie word ek deur die venster getrek en storm ek die trappe op om al die klokke stil te kry.

Seker n halfuur later slaan dit my soos n donderslag, ek kon die man mos net gevra het om die deur van buite af oop te maak. Stupid nie waar nie.

Daar is die storie van die trein wat ook een nag voor die rooi sinjale kom staan het omat die stasievoorman aan die slaap geraak het, n ou gewoonte van hom.

Die drywer besluit toe om nie die stoker in te stuur nie maar self stasie toe te loop om die slapende te gaan wel, maar hy neem toe n knalpatroon saam.

In die stasie sit hy toe die knalptroon oor n hefboomkraag(dit is nou n swaar stuk yster wat op die sinjaalhefbome gesit word om die bedryfsdienaar te herinner dat n lyn nie skoon is nie en sluip hy sag nader en laat die hefboomkrag langs die slapende val.

Die donderende slag laat die man opvlieg en hom wel ter tale raak maar dit was die laaste keer wat n trein voor sy sinjale kom staan het, was op en wakker daarna.

Pragtige storie is die een van brandewyn Botha. Die man het op Houtenbeck, naby Brandfort af gelos en was die sinjale mense besig om die stasie om te skakel kleurligte toe. Hulle hele kamp het daar gestaan en was die omskakeling n proses wat weke geduur het

Met niks om te doen nie besluit hulle een aand om n paar doppe te maak en word die doppe in die stasie gemaak.

Brandewyn is kroegman en onder die lag en gesels deur hoor hy nie toe Eensgevonden n trein wegslaan nie. Tien minute later staan die trein voor sy sinjale en word die stoker ingestuur. Terug by die trein vertel die stoker die drywer van wat aan die gang is en stop die man op Brandfort om die spul te rapporteer.

Bedryf stuur toe Brandfort se staiemeester om te gaan kyk wat aangaan en is dit toe Brandewyn net weer n rondgte gegooi het wat die stasiemeester die stasie instap.

Brandewyn weet nie wie dit is nie en druk sommer n glas in sy hand: “Magtag maat jy het dan niks nie”.

Toe die stasiemeester sê wie hy is verdwyn die hele spul soos blits en Brandewyn staan alleen. Gelukkig het hy niks gedrink nie en het hy met n swaar boete weggekom.

Op Harrismith was die skakelbord vir een of ander duistere rede in die seinhuis. Daar was n aflos stasiemeester wat baie lief was vir die f woord.
So bel hy eendag die skakelbord: “give me the f.. goodshed”.
Jan van Noordwyk in die seinhuis bel toe aan mekaaar maar die laaimeester antwoord nie.
Stasiemeester raak ongeduldig en stap goedereloods toe. Eerste wat hy doen is die luiende telefoon antwoorsd.
Toe hy optel gee Jan hom nie kans nie: “waar de f is jy, die f en stasiemeester wil met jou praat”.
‘this is the f en station master speaking”, kom die antwoord.

My buurman Piet Lotter was n passer en vertel hy van die nag toe die diesel lokomotiewe met n vrag steenkool in nog n vrag steenkool op hennenman vasgery het. die drywer het blykbaar aan die slaap geraak en nie die rooi sinjale gesien nie. die trein in die stasie was stoom lokomotiewe wat net klaar loko gevat het en al sinjale gehad het om te ry toe die trein met die diesels in hulle vasry.

Gelukkig het die kondukteur besluit om te spring toe hy die koplig onder die brug sien deurkom en kon uitkom.

Van die kondukteurswa het niks oorgebly nie, die twee diesels was wrakke en die hele wêreld het met trokke besaai gelê. Piet vertel toe hulle op die toneel kom kry hulle die kondukteur, pikswart besmeer, besig om oral in die kole wat die wêreld vol lê te krap. Hy soek sy tande vertel hy hulle toe. Hy kon nie onthou of hy hulle met die springslag ingesluk of uitgespoeg het nie.

Daar is so baie van hierdie stories wat besig is om in die vergetelheid te verdwyn en hierdie was nou maar n paar van hulle.




TEMAS
8 Kommentaar
  1. Arnold

    23 April 2016

    ‘n Mens kan met reg sê dat baie van die goeie ou dae lê nou in die vergetelheid.

    • neels

      24 April 2016

      Dankie Arnold. Gelukkig is daar baie van ons op Facebook wat uit hierdie era kom en dit daar lewendig hou

  2. Evelyn van der Merwe

    24 April 2016

    Ai Neels jy beter grawe voordat hulle verdwynm dis te lekker om te lees. Ek vereenselwig my nogal met dit want ons het op Codrington stasie op die skoolbus moes klim en het altyd daar gewag en luister na al die staaltjies. Dankie vir die deel.

    • neels

      24 April 2016

      Dankie Evelyn. ek het baie van die stories op wyle Woes geplaas en sal hulle so met die tyd weer hier plaas

  3. Kiekies

    25 April 2016

    Weer lekker gelees.

  4. Anze

    26 April 2016

    Neels ek het heerlik gelees en lekker gegiggel.. klink my jy was ook maar n regte plaaitjie in jou jonger dae…

    • neels

      26 April 2016

      Nooit ek was n soet seun. Dankie anze my spoorweg vriende op fb geniet die stories

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 214
Kommentaar telling: 1107

Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 99 gaste aanlyn

Bydrae Totale