Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Sprake van hoop

Deur Viooltjie
Datum gepubliseer: 25 September 2019 Aantal woorde: 155 117 Kere gelees 1

Sprake van hoop

o perste, perste vygie
o doring aalwynblaar
kyk hoe rus die Bolandberge
sommer net maar daar

o dynserige vertes
o ligsteblouste lug
swerfplek vir windswawels
so-heen-toe en terug

o eens verlate vlaktes
o uitgestrekte land
deur wind en water hier gekerwe
tot krans, tot klip, tot sand

o soele, soele lentedag
o mooiste, mooi seisoen
’n tafereel in onskuld –
elke skadukloof verbloem

o wingerde en weivelde
o plaas en landery
eens se lappe, lappe fynbos
– vir altyd nou verby

o Paarlpêrel in die son
o Boland, o geskonde
solank hange nog so purper bloei
is daar salwing vir jou wonde

o perste, perste vygie
o aalwynsteek en -vaal
hoe anders in jul wese –
tog deel jul dié verhaal

van koepels en van torings
van tale in graniet
en spreek jul lewend monumente
oor hierdie grondgebied

© Carma Shaw
24 September 2019
8:36

Foto: Uitsig vanaf die Volksmond restaurant by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl.




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Seirdna

    25 September 2019

    Dis nou mooi en goed gedig!

  2. Tearlach

    26 September 2019

    Puik gedoen!

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 353
Kommentaar telling: 916

Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat ek te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 91 gaste aanlyn

Bydrae Totale