Jongste aktiwiteit:

Splinternuwe jaar

Aan die begin van nog onvoltooide eindes
kyk ek terug na die horison se skewe lyne
tot waar die son, met sy strale my naam skrywe
en ek ongemerk ‘n skoon droom oopskeur.

Want soms as mens nog ‘n kans kry
kan jy met vars kwashale oor jou hemelruim verf,
eb en vloed oor onbekende strande –
‘n knie buig om biddend swakhiede te berou.

Hier, met pupille toegewaas, vol verwagtinge
en arms oop gespan teen die skreeuende wind
terwyl my lippe prewel: “Ek kan. Ek kan”
– met ‘n brandene belofte vir ‘n superplan.

Want op die voorpunt van elke begin
blink alles is mos weer nuut.

© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed