Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Splinter drome

Deur Palet
Datum gepubliseer: 5 Desember 2018 Aantal woorde: 1226 19 Kere gelees Hou van

Dit is reeds laatmiddag toe Bianca die sportveld verlaat, sy oefen elke middag na skool tennis. Haar mikpunt is om na matriek ‘n beurs te kry en dan oorsee verder te gaan studeer. Intussen oefen sy hard vir haar skool se eerste span, die Gautengse kampioenskappe is om die draai. Sy het al verskeie toernooie gewen, en is die junior Gautengse kampioen vir die afgelope drie jaar.

“Bianca!, roep Jaco en draf tot by haar. Jy is seker al opgewonde oor die toernooi, ek sien jy oefen hard soos altyd, lag hy. Ek hou duim vas vir jou, jy is die beste.”

“Dankie, glimlag sy verleë. En hoe gaan dit met jou, en die rugby?”

Hulle het so rukkie terug uitgemaak, was vir twee jaar gekys. Die eindeksamen en te veel ander pligte het hulle tyd saam baie beperk, en hulle het besluit om net vriende te wees.

“Gaan goed dankie, antwoord Jaco. Ek gaan volgende jaar vir Stellenbosch universiteit speel, hulle bied my ‘n goeie beurs aan. Dan weer aan die anderkant het ek verskeie aansoeke oorsee gekry, my pa is egter nog gekant daarteen want hy wil hê ek moet medies gaan studeer. My ma weer, staan agter my en ondersteun wat ek ookal besluit om te doen. Dit is ‘n groot geleentheid om professionele rugby te kan speel, en ‘n goeie inkomste te verdien. “

“Jy het omtrent ‘n moeilike keuse om te maak, oordink en weeg altwee opsies deelik op en dan maak jy ‘n besluit. Ek moet nou gaan, het nog hope leerwerk wat wag en ‘n tas vol huiswerk.

“Tata Bianca, geniet die middag verder . Hy kyk haar agterna waar sy op haar scooter klim en wegry. Wat ‘n pragtige meisie, met haar lang blonde hare en lenige bene. Hy is baie spyt dat hulle moes uitmaak , maar dalk eendag sal hulle pad weer kruis…”

Die volgende drie weke het gevlieg en die groot wedstryd het aangebreek. Bianca se ouers wens haar sterkte toe en sy vertrek op die skoolbus. Langs haar sit Jaco, hy is ‘n groot ondersteuner vir die tennis span, in sy vrye tyd speel hy ook graag.

“ Dankie dat jy altyd daar is vir my Jaco, ek waardeer jou so baie jy is ‘n wonderlike vriend.”

Sy voel so gemaklik by hom, dis lekker om saam hom te wees. Sy geniet elke oomblik, hy is so positiewe mens, altyd vol grappe. Soms wanneer sy voel sy gee moed op met iets dan praat hy haar weer moed in, sy gun hom al die geluk in die lewe, hy verdien dit.

Jaco maak groot naam oorsee, hy speel vir Australië se eerste span. Sy studies moet maar eers wag, oor paar jaar is hy skatryk en kan dan terugkeer na Suid-Afrika. Soms wonder hy hoe gaan dit met Bianca, hy het wel ‘n vrou ontmoet met wie hy gereeld uitgaan, maar ‘n ernstige verhouding hou hom nog terug. Hy mis Bianca, dit voel net nie dieselfde met iemand anders nie. Een middag terwyl hulle oefen kry hy ‘n skielike pyn deur sy regterbeen, dit was so erg dat hulle hom moes afdra van die veld. Na ‘n ondersoek en deeglike toetse het hulle vasgestel hy het kanker in sy onderbeen. Dit was ‘n ou besering wat later ‘n knop veroorsaak het en baie pynlik begin word het. Jaco mag vir die volgende ses maande geen oefening doen of rugby speel nie, dit is ‘n geweldige skok vir hom. Sy pa het voorgestel dat hy vir die tyd moet terugkom kom Kaap toe, met die hoop dat sy seun die rugby sal los en begin studeer… Daan Bester is oppad lughawe toe om Jaco te gaan kry, hy is baie bly dat hy besluit het om huis toe te kom om aan te sterk. Sy seun het maer geword, gaan dit deur sy kop, hy het baie gewig verloor. Jaco praat nie veel nie, die teleurstelling en skok wys nog duidelik op sy gesig.

“Ek’s jammer my kind, dinge gebeur soms vinnig, en ons het nie altyd antwoorde vir alles nie. Hou net moed, die Here weet van beter.”

Jaco se ma bars in trane uit toe sy haar seun sien, van die eens fris geboude jong man het net ‘n skaduwee oorgebly. Sy hou hom vas en voel hoe sy skouers ruk, die spanning van die afgelope tyd het erg op hom gewerk.

“Toemaar my seun, ons sal jou help om deur die ding te kom. Jy moet sterk bly, jy was nog altyd ‘n vegter maak nie saak hoe moeilik jou omstandighede was nie.”

“Mamma, ek probeer hard om hierteen te baklei, maar soms voel dit te groot om te hanteer. Dit laat my bang voel, ek voel weerloos en swak. My drome is stukkend, my toekoms is vernietig.”

Die kanker het sy positiewe uitkyk op die lewe verander, hy is baie negatief met tye. Hy het sy lus vir die lewe verloor. Die laaste tyd dink hy baie aan Bianca, so ‘n begeerte om haar net weer te sien. Hy weet sy praktiseer in Stellenbosch, ‘n spesialis. Hy sal sy ma vra om by haar ma om te gaan, sodat sy die nuus vir Biance kan gee. Bianca se ma het haar dadelik gekontak, sy was erg geskok en het in trane uitgebars oor die foon. Sommer die volgende dag het sy ‘n vliegkaatjie geboek vir ‘n vlug na Johannesburg. Daardie middag het sy verwese en sonder woorde langs Jaco se bed gesit. Sy het sy hand vasgehou en vir hom geglimlag. Dis of Jaco nuwe lewe gekry het, hy het selfs gelag met tye. Bianca het tot laat by hom gekuier, sy het belowe om sommer weer gou te kom. Hy het reeds geslaap toe sy die deur agter haar toetrek, sy het weer omgekyk teruggeloop na hom, en hom saggies op sy voorkop gesoen.

“Ek is lief vir jou Jaco, byt vas vir ons. Baklei met al’s wat jy het teen hierdie stryd. Ek wil weer saam met jou die lewe geniet,en rugby gaan kyk. ”

“Tannie, ek voel so hartseer, hy was so lewenslustig. Ek bid vir julle om sterk te bly in hierdie tyd, ons gebede moet hom nou dra en hoop gee vir mŏre. Laat my asseblief dadelik weet wanneer sy toestand versleg, ek’s bekommerd oor hy so baie gewig verloor. Dit lyk of hy die aggresiewe kanker het. “

“Bianca ek wil nie daaraan dink nie, die gedagte om hom te verloor maak my mal. Ons sal al’s in ons vermoë doen om sy lewe draaglik te maak, hom al ons liefde en bystand gee. Intussen sal ons nie ophou hoop en glo vir ‘n wonderwerk, hy is ons enigste kind.”

‘n Paar maande later kry Bianca ’n oproep, sy gaan sit op haar bed en huil haar hart uit. Jaco het die stryd verloor en is so paar minute terug oorlede. Dit het vinnig gebeur, sy ouers het langs sy hospitaal bed gestaan, hy het geprewel dat hulle vir Bianca moet sê dat hy haar nog altyd van skooldae af baie lief gehad het. Die dag met die begrafnis het Jaco se ma vir Bianca ‘n brief gegee wat hy vir haar geskryf het, ‘n mooi brief. Stil in haar eie hartseer het Bianca dit gelees, en elke woord diep in haar hart gebêre.




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. Anze

      Desember 5, 2018

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2018 projek

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 299
    Kommentaar telling: 327

    Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ  

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 22 gaste aanlyn

    Bydrae Totale