Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Spinnekop kaskenades

Deur Amanda
Datum gepubliseer: 22 Augustus 2019 Aantal woorde: 300 120 Kere gelees 2

           

Dut net in gistraand toe my foon bitterlik aan’t bewe gaan. Ek sit my foon altyd op vibreer deur die nag. Maar kyk, daai foon klink of hy kouekoors het. Ruk my aan my hare uit ‘n lekker diep droom uit. Dog eers dis ‘n nagmerrie, want die perd se hoewe klop nog aanhoudend aan my deur. Ek katapult op net toe die deur stadig oop kraak…. Man ek dog ek vlieg die laaste meter na die kamerdeur toe. So deur die “highfly” gryp ek Charles se oorgroot Japon raak en heel deur die weer loop ek tromp op in Justin se paniekerige stem vas. MA! Spinnekop help! Toe weet ek hier kom ‘n ding.. Kyk Doom hou ek net vir vlieë, want hulle verpes ek soos rou ui op ‘n tamatiebroodjie. Nou is ek wakker! Ek is mal oor spinnekoppe. Daai lyfies met die agt pote wat teen ligspoed beweeg, fassineer my oneindig. Justin NIE… dink sy ma is mal. Daar sit ta se kind. Teen die messelaai. Stille bewys dat sommige groeiende kinders in die middel van die nag tog weer honger word. Nou kyk daai spinnekop is groot. Selfs brawe ek kry hoendervleis toe ek sy mooiheid aanskou. Vergeet ek, ek het Charles se oorgroot japon aan. Gryp’ n koerant en probeer die mannetjie uitlok om op te klim. Spring daai lyfie mos soos ‘n wafferse atleet bo-oor my uitgestrekte hulp aanbod, bo-op my lekker los japon en weer af op die kas. Justin word ‘n hoogspring kampioen en beland bo-op die kombuis blad. Spinnekop skrik hom lam en rol in n balletjie. Ai “sjame”. Uiteinde van die storie… Spinnekop veilig buite en ons kon gaan slaap. PS. O ja die skermskoot wat volg was die rede vir die groot vibrasie wat my wakker laat skrik het.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 34
Kommentaar telling: 20

Ouma van Vier woelwaters. Ma van 5 (2 stief) en vrou van 'n wonderlike Godsman. Woon tans in Alberton. Skryf is my uitlaatklep. My hart bloei ink op papier.

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 100 gaste aanlyn

Bydrae Totale