Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: spasie

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 28 Maart 2020 Aantal woorde: 80 53 Kere gelees 1

persoonlike spasie
onder isolasie
werk soos purgasie

gedwonge isolasie
voldonge eensaamheid
sosiale insolasie

verhoogde irritasie
groei in isolasie
soos fermentasie

aan einde van tonnel is lig
hierdie donker roede
slaan blitse soos harde tug

in tyd kom daar dalk nyd
mense raak oorhoops
weet nie om tyd te verslyt

moderne koninkryke verdwyn
binne weke se inperking
in nuwe wêreld orde se pyn

spasie is relatief tot skepping
waaroor die Skepper heers
nietig is die mens as enkeling

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 816
Kommentaar telling: 117

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 63 gaste aanlyn

Bydrae Totale