Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: sosemoer

Deur Charleine
Datum gepubliseer: 10 Maart 2019 Aantal woorde: 50 93 Kere gelees 2

dit was nie soos ‘n sny nie
met genadige verdowing
netjies, skerp gekant
na skoon uitbloei
en ontsmetting
net vasgenaai
met verband
toegedraai

dit was ‘n rou verskeur
oopruk, kou, verkrag
van ‘n hele wese
dit is stukkend
en dit sweer
alles weer
veretter
en bly
seer

© Charleine Collins 10 Maart 2019




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. Kiekies

      Maart 13, 2019

      Sjoe, dit gryp aan my hart.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 77
    Kommentaar telling: 37

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 2,806 gaste aanlyn

    Bydrae Totale