Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Soos mis

Deur Loretta Szikra
Datum gepubliseer: 28 Mei 2019 Aantal woorde: 80 328 Kere gelees 8

Hoe kan jy my kwansuis maak glo
dat liefde oneindig is?
Netsoos die uitspansel daarbo;
eindeloos en grensloos
(soms roekeloos)
soos die loop van die suidoos

Tot teenaan my hart se deur
jaag jy die son en die maan
met blink beloftes agterna,
’n magdom sterre in kardoese
word ook hoopvol aangedra

Maanskyn en rose
kersieliefde vuur en vlam,
deur jou hipnose ingetrek
lê my verstand eenkant verlam
bedot
bedinges
bedenklik

uitgelewer aan liefde
wat soos vroegoggendmis
ewe vergangklik is




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    28 Mei 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2019 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 112
Kommentaar telling: 208

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 94 gaste aanlyn

Bydrae Totale