Jongste aktiwiteit:

Soos klein goetertjies

Soos klein goetertjies onthou,
onthou ek vandag van jou;
silhoeët  skadu
en die rondings van jou naak lyf
wat fluweel sag saam
my vingers trakteer
en aan jou rooslip liefde
die kalmte van jou woorde
in die diep kelders van jou oë vertaal,
en ek onthou die klein goetertjies
wat ons mekaar vertel het-
soos klein skulpies wat mekaar opvryf
en ek weef om jou perdebylyf
spoel ons soos twee oseane uit
aan ’n dolfyn-fyn nag
toe ons liefde eens die sterre jag.

©Morné du Preez




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed