Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: soos gras (BRONS)

Deur Marlene Erasmus
Datum gepubliseer: 31 Augustus 2020 Aantal woorde: 116 181 Kere gelees 2

soos gras

vanoggend is ek stil
verslae vol heimwee
my dikke poppie-hond
lê hier neffens my voete
my beker vol boeretroos
stomend in my hand
my orgideë kyk vir my
waar ek stil sit en kyk oor
groen gras en geel veldgrasse
die trane maak spoortjies
oor my wange
ek sit en dink
in die Woord sê ons Vader
die mens se tyd op aarde
is soos gras
dit verdor en blomme
val af
my gedagtes vlieg heen en weer
dit is nou maar eenmaal so
soms … ja soms
kruis iemand jou pad wat
jou leer om jou kop te draai
na die son
en oopbek blinktand te lag
want die lewe is goed …

©Marlene Erasmus
26/08/2020




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    1 September 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2020 – OOP projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 58
Kommentaar telling: 4

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 88 gaste aanlyn

Bydrae Totale