Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Soos een wat op verlossing wag

Deur Viooltjie
Datum gepubliseer: 2 April 2017 Aantal woorde: 148 441 Kere gelees 6

êrens waar die sterre tuimel
uit die newels van ‘n melkweg
êrens waar ‘n towermaan
oor ‘n dor en barre aarde skyn
breek ‘n boom ‘n klip
en kremetart sy onder hemele
oneindig wyd en ruim

diklyf, kaal en sonder skaamte
wring sy haar arms tot geraamte
en laat haar vingers teen die silwer nag skelet
sy skreeu ‘n stil gebed
sy dors na reën
en hyg na wasem

sy roep die winde met haar laaste asem
en smeek hul om die wolke
en die storm te gaan haal
sy spits haar ore vir die donderweer
haar oog verlang ‘n weerligstraal

êrens waar die sterre val
en tuimel deur die newels van die nag
êrens waar ‘n towermaan nog skyn
breek ‘n boom ‘n klip
en kremetart sy onder hemele
soos een wat op verlossing wag
van ‘n drooggesuipte aarde
. . . wat na water smag

© C. Shaw
25 Augustus 2016




TEMAS
5 Kommentaar
  1. neels

    2 April 2017

    een van jou ou werke wat ek goed onthou

  2. Elroux

    3 April 2017

    Asemloos mooi

  3. Anze

    5 April 2017

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April se ope afdeling projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 370
Kommentaar telling: 925

Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat ek te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 49 gaste aanlyn

Bydrae Totale