Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Sonsak oomblikke

Deur Anze
Datum gepubliseer: 23 Oktober 2019 Aantal woorde: 35 232 Kere gelees 3

in die skadu’s van die Outeniqua
het die son skaam in oker
oor bergkranse gebloos
terwyl wegkruipskadu’s
pendule in apostelgelid
onder die wind se
penniefluitklanke
van gisterdinge

© Anzé Bezuidenhout

https://www.litnet.co.za/sonsak-oomblikke/




TEMAS
3 Kommentaar
  1. Palet

    23 Oktober 2019

    Pragtige klanke!

  2. morne du preez

    23 Oktober 2019

    “penniefluitklanke van gisterdinge” lief vir daai einde van jou gedig laat mens so dink aan ‘n stil winderige dag maar amper so ‘n ligtewindjie wat net mooi oor die blomvelde dans en die lang gras ritzel terwyl mens in stilte vasgevang stom staar,so asof jy die toekoms en verlede in een oomblik ontvang.

  3. Riaan Palmer

    23 Oktober 2019

    Ek beny julle wat met 35 woorde ‘n pragtige prentjie kan teken! Dit sou my seker 500 woorde gekos het om presies dieselfde te sê… 😉

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 257
Kommentaar telling: 2864

Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 57 gaste aanlyn

Bydrae Totale