Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Sonder liefde

Deur Palet
Datum gepubliseer: 19 September 2020 Aantal woorde: 623 98 Kere gelees 3

Langs die dam sit ‘n boemelaar en visvang, sy visstok is van riet, en sy lyn van draad. Hy het lank daar gesit op ‘n blik, gewens hy kan ‘n groot vis vang. Vir dae het hy niks ge eet, hy was baie honger. Hy het niks op sy naam  gehad nie, net die fodde klere aan sy lyf. Sy valstande het hy ook lankal verloor, vandag voel hy effens bewoë want dit is sy verjaarsdag, en hy is stoksiel alleen.

Daardie aand skrik hy wakker, voor hom staan sy oupa. Hy skrik so groot want sy oupa is al jare terug oorlede toe hy nog ‘n klein seuntjie was. Sy oupa gaan sit langs hom op die grond, sit sy hand op sy kop. Skielik voel die boemelaar weer soos ‘n mens, sy klere is skoon, hy staan voor ‘n mooi groot huis. Dit was sy huis toe hy nog getroud was.

Hy vryf sy oë ‘n paar keer want hy kan nie glo wat hy sien nie. Sy oorlede vrou staan op die stoep, en roep hom nader.

“Kom hier Jan,  ek wil met jou praat.”

Hy loop huiwerig nader, sy bene bewe en sy mond voel droog. Is dit ‘n nagmerrie wonder hy,  sy oupa vat sy hand en loop saam hom tot by haar. Hy voel of hy kan weghardloop, die donkerte in en skree van vrees. Maar dit is nou te laat, hy sal moet sê wat al jare lank in sy hart brand.

“Jan, gee my jou hand, en sê jy is lief vir my. Bedoel elke woord wat jy sê, so baie jare het ek na jou verlang. Gewonder waar is jy, en waarom het jy my verlaat.”

Jan se keel trek toe, hy kry nie ‘n woord uit nie, staan stom voor haar.  Liefde was nie sy maat nie, hy het dit onder sy skoene vertrap. Met drank het hy sy huwelik vernietig, sy huis, vrou en kinders verloor. Sy hele lewe speel voor hom af, hy kry skaam en kyk verleë weg.

“Jammer my vrou, dat ek het jou so seer gemaak het. Vergewe my asseblief. Ek het ‘n groot fout gemaak om jou te los, my lewe is een groot ellende.”

Hy begin huil, sy trane is vol berou. Wat het hom besiel om alles net so te los, en ‘n mens te word sonder gevoel, ‘n niks wat doelloos en sonder trots deur die lewe swerf. Sy vrou was goed vir hom, sy was lief vir hom.

Sy het hom met respek behandel opgekyk na hom. Was dit te veel gevra? Hy het sy familie diep teleurgestel, sy gewete het hom opgevreet.

“Waarom het jy ons weggegooi Jan? Ek het jou so nodig gehad, nou is ek dood. Hoe gaan jy ooit met jouself kan saamleef, jy het alles verloor wat mooi, goed, en lief was vir jou.”

Jan val op sy knieë neer, hy is bitter spyt sy lewe is een groot ramp. Hy het nooit besef dat liefde so groot inpak op ‘n mens se lewe kan maak nie. Hy besef nou dat sonder dit mens doodgaan in jouself, en nie meer omgee oor die dag van môre nie.

” Jan, Jan word wakker! jy praat en huil so deurmekaar in jou slaap, wat is fout my man?

Na daardie droom het Jan heeltemal verander, hy het sy vrou en kinders met sy hele lewe en hart lief gehad. Opgehou drink, alles gedoen wat  sy vrou gelukkig kon maak. Sy vrou was op die nippertjie om van hom te skei, die tweede kans wat sy hom gegee het gaan hy nie weer deur sy vingers laat glip nie.

“Dankie oupa, dankie dat jy my oë oopgemaak het. Liefde is kosbaar.”




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    19 September 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2020 – Liefdes-projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 393
Kommentaar telling: 354

Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ  

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 202 gaste aanlyn

Bydrae Totale