Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Somoya – die wilde wind

Deur Loretta Szikra
Datum gepubliseer: 7 Augustus 2019 Aantal woorde: 76 76 Kere gelees Hou van

Dit is die lentebries
wat my hartsnare roer
as sy die winter sonder omweë
al vêrder en vêrder
die grasveld in-sjoe,
na ‘n koue plek vêr hiervandaan
waar miswolke droewig
om ‘n ewe mismoedige
wintermaan draal

Maar dis jý Somoya
– die wilde wind –
wat die passie in my aanroer
wanneer in voorskou
van ‘n strorm-simfonie
jy die hemel elektries
met silwer verblits
terwyl jy jou asem
die somer inblaas

©Loretta Szikra




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    7 Augustus 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2019 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 114
Kommentaar telling: 209

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 89 gaste aanlyn

Bydrae Totale