Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: SOMMER NET DIE GHWARRIEGATQUEEN

Deur GhwarriegatQueen
Datum gepubliseer: 28 Mei 2019 Aantal woorde: 1641 151 Kere gelees 1

SOMMER NET DIE GHWARRIEGATQUEEN

Ek’s al van vroegdag af al hier op my eie persoonlike Ghwarriegat – het gesien hoe die son sy strydwa van vuur en lig inspan vir sy kruistog deur die hemelruim.
Kom nader en sit vir ‘n wyle – just an eternity a while – hier by my; toe. Die ketel sing al ‘n outydse halleluja-liedjie vir koffie en tee se maak. En ek’t my Hero gevra of my ma (wens jy was hier, mamma – lief jou, altyd) vir ons kan brood bak – sy bak die lekkerste brood wat jy nog ooit in jou lewe ge proe het. En ‘n Sho’t Leftengeltjie (dankie, klein Bas) het dit nounet gebring. As jy jou oë toemaak kan jy dit sommer ruik – onthou net, ek dêps die korsie (huh-uh, ek’t eerste gesê) en nog ‘n sny. ‘n Dik sny vars brood en rêrige-êrige vyekonfyt – dis hemel vandag op my ou Ghwarriegat.
Toe, kom nader – ek’t klaar dat ‘n feetjie of drie vir jou die rooi tapyt uitrol. Ja, hy’s verslete en verbleik; maar my Hero se voetspore lê diep ingeplet in elke vesel. Hy sê net die Hemel se goudstrate is vir Hom mooier!
Kan nie help nie – het van kleintyd af al hierdie ding gehad oor ‘n ashoop. Ja, eendag lank-lank gelede toe my hande en voete nog n klein dogtertjie s’n gewas het. En toe die wêreld nog mooi was en onmoontlike drome soos vonkel-druppels dou oralster onder ‘n kind se vingers kon ronddans; toe het ek n ashoop herdoop tot ‘n Ghwarriegat (is! Vra my Hero, Hy was eers tog daar gewees)… Hoekom? Wel, sommer oordat n spitfire brommerpilot ‘n strepies helmet dra en…en Ghwarriegat klink net meer stylvol en romanties. Is eers…
Honor bright, is eers! ‘n Ashoop was n plek waar lee drankbottels rondgele het en ou geroeste blikke en einamaak glasstukke; en ander lelike grootmensgoeters. Maar, nê; ‘n Ghwarriegat was n plek vir afvlerk feetjies en teddiebere wat hul swart neusies iewerster laat wegveloor het. ‘n Plek vir ‘n kabouter se gesteelde verfblik en KlaasVakie se per ongeluk geverloorde sandkorrels; en die tower penveer van ‘n engelvlerk….Maar van Satynlakens tot Teerstrate het die getuienis van ashoop en Ghwarriegat soos bloedverbond vermeng; en lê stukkende mense en verminkte kinders lepel met afvlerk feetjies en einagemaakte teddiebeertjies
….Hero!!!
Verskoon maar – ek’s vandag skoon stupid en te veel vrouweesgemaak. Ter versagting moet ek darem net se dat, wel; ‘n vroumens is mos nou maar eenmaal ‘n complicated geskapenheid😉…My binnerste binnekant loop sommer vandag kaalvoet deur die wilde mistieka en ongetemde labrinte van my wise-ass hart se onbevange wekroep; en my vingers speel deur die rou enigmas van my hartsjoernaal.
Ek verlang…Al my kinders is by Liewe Jesus in die Hemel en ek probeer met ‘n faikonta potlood daai kindergesiggies teken in die swart as van my Ghwarriegat. Dis….iets; als reik uit na die behoefte hier diep binne-in my lyf, my siel; my vrouwees om…om ‘n onskuldige mondjie teen my bors te voel. Met my vingers vlinderkielie oor ‘n magie te dans op die wysie van kinder-skaterlag. Wens ek was swanger – maar ek weet daar sal nooit weer n troetellyfie in my vrouwees se hande kan lê nie; en dit maak my hart sommer snot en trane huil. Laya….
…. My oudste dogtertjie (met haar blouerste blou oe en haar bruin krulhare – diepbruin; soos geil grond) wat gebore is in daai donkerjare tussen Satynlakens – wat by geboorte by my ‘gesteel’ is en wat ek na my bekering vir n paar dae gesien het. Voordat sy dood is in my arms.
Uhmmm; ek onthou die heeleerste aand toe ek my eie-eie vyfjarige prinsessie gebad het. My liefste Messias; ek sal seker altyd in verwondering staan – onthou Jy, Hero? Daai ragfyn geslagsdeeltjie (waar die duiwel my in die verlede – Goddank die verlede – soveel maal gekruisig het aan sy pikswart wellus se siek evangelie), wat so perfek tussen haar twee beentjies gekoester was. Asof….Asof dit presies so moes gewees het. Iets baie kosbaar. Iets; deel van die Geheimenis van God. ‘n Portret was van die volkome Karakter van God waarmee die eienskappe van die Pottebakker diep in die wese van die klein ingebrand word…en daai ongekunstelde juweeltjie tussen my dogtertjie se twee beentjies – die Handtekening van ‘n Marvelstruct God.
Enne…Blikskottel, ek verlang myself duskant die dowwe grens van totale gekheid na my man. My stukkie persentgekry Liewe Jesus in n mensvel….Ja, jy’t reggehoor – my man! Ek was; ek is getroud. Toemaar, ek het dit al gehoor – dat hy my nie liefgehad het nie, want watter man wat sy sout werd is sal tweekeer na my kyk; hy’t maar net in my belanggestel oor dit wat hy in die bed kon kry! ‘n Slet met 26jaar ondervinding agter haar naam – n prostituut van die ouderdom van 8jaar al af.
Maar – Goddank – ja, Goddank; ek weet dat hy my nie as n bekeerde prostituut (interalia…) gesien het nie. Hy’t my sy pêrelvrou genoem; sy Sexyface. Hy’t my hart en my siel; my gees eerste van als liefgehad – voordat sy teer, ongeskonde passie oopgebreek het oor my lyf: Ons huweliksnag toe ek weer oorgemaak, nuutgemaak vrou geword het onder sy asem.
Sy liefde (daai kosbare, edel liefde met soveel respek vir my gesalf) het iets binne-in my laat oopbreek; losbreek. Soos ‘n marmer kruik vol kostelike parfuum wat fyn en flenters geval het voor die troon van my eie persoonlike Meneer – my PappaGod, man…en ‘n ondeurgrondelike geur oorloopvol mistieka en liefdespassie deur ruim en tyd versprei het; helemal oopgesprei het. Alles was – ek weet nie nie mooi nie – gesalf deur en met hierdie wonderwerk gebore. Maar toe – ‘Saltwater in my eyes’….
…Toe gebeur daar iets verskrikliks en – dis ‘n lang; eina storie – maar ek’t my geheue (en my Hero alleen weet, so amper kestamper my verstand!) verloor; kan tot vandag toe nie veel onthou nie. n Hele stuk van my lewe is weg; daar’s net hierdie…hierdie G R O O T gat.
Ekt my man se naam vergeet; ons troudatum vergeet, waar ons sou gaan bly het. Dis ‘n lang, ander storie vir eendag se anderdag se windverflenterde fraaiing dag; maar. Maar ek weet nie waar my mansmens is nie – noual vir seker ‘n leeftyd se sandkorrels val deur die uurglas is hierdie gat in my lewe. En ek verlang so – God alleen weet, ne; Hero – onsettendvreeslikbaie na hom. Na ons Godgegewe Sprokie; want glo my, dit het van Hom gekom – vra Hom maar agter my rug….Soms.
Soms wil ek dit als begrawe – ‘Vaya Con Dios, my darling’; en ander kere wil ek soos ‘n gekweste leeurin die hele land gatomkop keer om hom te vind. Hy weet nie eers dat ek swanger was met Saron – die dogtertjie wat ons van Hom afgebid het – nie.
Eks jammer – honor bright, ek is. Wou nie ‘n Jeremiade-serenade in julle ore kompeneer nie. Die meeste van die tyd is ek n sterk, tawwe dogterjie wat elcheappo meer na die wederkoms laat verlang as ek😁 Maar lyk my vandag is ek sommer n regte ou piepiebalie-sissie….
Kan dit nie help nie – ek wil saam met Leon Feirrera sing:’Breek al die branders. Stop elke droom, sloop elke boom. Stop die wereld, ek het seergekry. Ek wil afklim en hier by U bly’…ekke kan mos eers, ne; Hero?!
Ek…Ek wil sommer vir Patches hê; my eie persoonlike lappop. Ek wil haar styf teen my eina vrouehart vasdruk; saggies in haar oor fluister: Jy moet vir Liewe Jesus vra om my te help; cause why omdat en oordat ekke nie nou kan nie….En ek weet Hero sal help; oordat Hy die liewerste lief is vir kinders – veral vir meisiekindmensk
inders. Is, ek jok niks eers nie – honor bright.
….Eintlik verlang ek sommer na my ma. Soos klein dogtertjietyd. Ek wil weer saam met Patches en Bontjan (my eie persoonlike hond) op die mat sit terwyl sy haar marvelstruct skeppings voor die masjien gesit en maak het. Terwyl ons sit en luister het na al haar mooi stories.
Huh-uh, nie daai verspotte, simpel stories van die Grimm boeties (wie ookal) nie. Natuurlik was dit eers verspot. Ek het geen erg aan stupid meisiekindmense wat gifappels eet, en by beertjies se huis inbreek, en hulself met spinwiele laat steek om n leeftyd om te slaap nie – tsk! Ek’t gehou van feetjies wat in my Hero se baard kon wegkruip en kaboutertjies wat geweet het hoe om doudruppel koeldrank te maak.
Ek voel….Haai, kyk Wie kom daaraan: Hero! Is! Is – dit is eers Hy. My Hero is lief vir my en my Ghwarriegat en, nee; Hy’t nie altyd spierewit klere aan nie. My Hero se hart lê propvol kakelbont kleure geloop. En Hy trek baie kere Sy Indigo kleed aan as Hy na my toe kom – oordat Indigo my gunsteling kleur is.
Ek’t geweet Hero gaan kom; dis waarom en hoekom ekke die korsie en nog ‘n sny gedêps het. Hmmm, geweet jy’t gedink eks ongeskik; maar die korsie was vir my Hero – omdat Hy net so lief is vir die korsie soos wat ekke is!
Ek hardloop solank vooruit; ek wil Hom n laaaaaaaang, stywe vashou-drukkie gaan gee. Hoekom kom jy nie saam nie. My Hero gee die lekkerste drukkies in die hele – nie die halwe nie die hele-hele – wereld….Kom! En die laaste ene by my Hero is sommer n ou haasbek bobbejaan met pers krullers in sy stert!
…..Salute, en kyk mooi na jouself, liewe Bokkie; totdat ons weer brood en jam-woorde maak.
©Liza Daniells




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Toom

    30 Mei 2019

    Dis nou verbrissend!
    Ek KEN n ie so ‘n lewenswyse nie, maar ek speur dat iemand hier tere ernste hartswoorde opdiep en ons haar siel ontbloot. (Daartoe het ek self nie die moed nie!)
    MY taal is dit nie, en dit hoef nie myne te wees nie, maar ek voel hoe iemand se eie-ek met my eie-ek kommuniseer, só dat ek begryp wat jy sê.
    Baie dankie vir die les in menslikheid.
    En, ja, jy moet gou ‘n uitgewer soek om sulke werk vir ‘n groot publiek te druk.
    Nogeens, baie dankie.
    GvT

  2. GhwarriegatQueen

    2 Junie 2019

    1001Dankies vir jou meelewing, waardeer dit honor bright baie. Pêreldag vir jou, laf joe ☕🌹💝

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 64
Kommentaar telling: 20

Vergun my net so n skeutjie se agtergrond; seblief - Ek sal dit kort hou. Ek was vir 26 jaar (van ouderdom 8 jaar) vasgevang in prostitusie, delms, satanisme; ens. Ek sal jou nie opsaal met die detail nie. Ek is nou al 21 jaar deur God se genade vrygemaak van daai boeie van die verlede; maar ek ervaar steeds baie vervolging en verwerping van kerk en Establishment. En - verloor om n laaang storie kort te maak, ek het net mooi ALS - letterlik en figuurlik verloor. Hoeveel maal in die winter moes ek fisies op straat slaap; enne is nou een keer gegangrape......nou sit ek met serviks kanker. Maar dis nie die punt nie. Nie nou nie, in elk geval. Ek wil nie chemo of n hospitaalbed he nie. Ek wil weer die seesand onder my voete voel; die see sien. Ek is onherroeplik mal vir die see; vir mooi, ou Kaapland. Ek wil waag om te glo in die gebeur van n wonderwerk. Weer geluk vind; liefde. Ek wil LEWE!!!

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 130 gaste aanlyn

Bydrae Totale