Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Solo-kaberet

Deur Caren Kearley
Datum gepubliseer: 26 Junie 2018 Aantal woorde: 70 275 Kere gelees 2

haar masker het geval; die vertoning het afgeloop
latente lewenstrane loop liberaal oor haar wange
haar solo sopraan stem het sy opgedra net aan hom
haar masker het geval; die vertoning het afgeloop
stil-stil blom goudgeel lelies oor die verhoog se planke
voor die wit klawers van haar laaste decrescendo klanke
haar masker het geval; die vertoning het afgeloop
latente lewenstrane loop liberaal oor haar wange

© Caren Kearley
Kopiereg Voorbehou




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    27 Junie 2018

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2018 – Poëtiese orde projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 142
Kommentaar telling: 27

Ek het groot geword in Namibia en meeste van my tiener jare in Namaqualand spandeer. Gematrikuleer in die Paarl by La Rochelle Hoër Meisieskool en onder andere ‘n diploma in aankopebestuur verwef by Varcity Kampus in Rondebosch.  Ek woon tans saam met my  twee dogters in een van die mooiste Bolandse dorpies, Wellington. Ek doen balsaal dans vir ontspanning en boks vir selfverdediging  Solank as wat ek kan onthou maal woorde al deur my kop. Om gedigte te skryf was nog altyd my manier om sin te maak van die lewe.  Vir my kinders sê ek altyd dat kunstenaars onsterflik is en indien my gedigte ooit publikasie haal, sal hulle vir altyd ietsie van my hê. My wildste verwagtinge is oortref, toe ek uiteindelik ‘n digbundel in my hande vashou waarin ‘n paar van my gedigte verskyn.  Nou is ek dankbaar vir ‘n talent wat ek miskien te lank weggesteek het en dus beplan ek nie om verder tyd te mors nie. My grootste droom is om eendag ‘n klein bydrae te lewe in die bevordering van Afrikaans deur my eie digbundel te kan puliseer.

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 38 gaste aanlyn

Bydrae Totale