Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: solitêr

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 7 September 2020 Aantal woorde: 90 72 Kere gelees 1

alleen het my duin verkeer
met golwe en winde wat geteister het
met woede en woeste aanslag daaroor
het die duin maar geduldig gewag
elke nuwe dag beleef en geswyg

oor my duin het tyd verloop
in tyd en tye soms sonder hoop
krappe en meeue daaroor beweeg
selfs mense spore wat dit beleef
so is my duin gevorm, gelaat

waar ek soms hoog sweef
sien ek my duin se vele gesigte
wat vlietend verbygaan en verdof
in mis kombers van die weskus
vervaag en slegs fotos los

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 970
Kommentaar telling: 132

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 18 gaste aanlyn

Bydrae Totale