Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: soeter as heuning

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 3 Augustus 2020 Aantal woorde: 114 91 Kere gelees 4

waar die hart van vol is loop die mond van oor
as jou hart vol duwweltjies is, beheer jou mond
bak eerder beskuit en eet dit in die oggend stond
as jou tamaletjie te hard is, is dit sommer goor

die lewe is hard maar lekker soos ‘n nickerbol
hoe harder jy suig, hoe soeter word jou deugde
hoe meer jy dit probeer kou, hoe slegter jou tande
lekker kom eers na harde werk, al is die lewe dol

van te veel soet in jou jeug kom ouderdom suur
van te veel raad gee kom daar soms harde woorde
hou die blik kant bo en maak seker om te lag, elke uur

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 937
Kommentaar telling: 131

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 50 gaste aanlyn

Bydrae Totale