Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Soekhoek

Deur Christa du Plessis
Datum gepubliseer: 26 Junie 2019 Aantal woorde: 350 114 Kere gelees 4

(Opsie 1)

Soekhoek

Ek luister RSG.
Jacqui sê
dis later vanaand
Soekhoek
waar jy lang verlore
geliefdes, vriende en
ou bekendes kan soek.

Ek wil inbel en vra
dat die skugter, jong meisie
met die sagte hart
en die weerlose oë
waarin duisende drome dans en
sterre skitter;
die een
met so baie liefde in haar hart

my sal kontak,
want ek soek
dringend
na myself.

(Opsie 2)

Soekhoek

Ek luister RSG.
Jacqui sê
dis later vanaand
Soekhoek
waar jy lang verlore
geliefdes, vriende en
ou bekendes kan soek.

Ek wil inbel
en sê dat ek soek
na die skugter jong meisie
met die sagte hart
en die weerlose oë
waarin duisende drome dans en
sterre skitter;
die een
met so baie liefde
om weg te gee.

Ek wil vra dat sy my moet kontak.

Ja, ek wil inbel
en ek hoop
dat ek myself sal vind…

(Opsie 3)

Soekhoek

Ek luister RSG.
Jacqui sê
dis later vanaand
Soekhoek
waar jy lang verlore
geliefdes, vriende en
ou bekendes kan soek.

Ek wil inbel
en sê dat ek soek
na die skugter jong meisie
met die sagte hart
en die weerlose oë
waarin duisende drome dans en
sterre skitter;
die een
met so baie liefde
om weg te gee.

Ek wil vra dat sy my sal kontak.

want iewers
tussen trou
en kinders kry,
werk om aan die lewe te bly,
verraad
en afbrekende woorde
wat my vuisvoos laat en verward maak

tussen verkeerde keuses
en versplinterde drome

daar, iewers, het ek weggeraak.

Ja, ek wil inbel
en vir Jacqui sê
ek soek na myself.

*Hierdie vrye vers wil kommentaar lewer op vroue wat in die dolle gejaag van die lewe hul identiteit verloor. Daar is ‘n paar opsies. Die een opsie brei uit oor moontlike oorsake vir die verlies aan identiteit. Die doel van die vrye vers hier is om die idee van verslaenheid en verlorenheid te beklemtoon. Inkeping by “verraad” wil klem lê op verraad as een van die ergste oorsake van ontnugtering. “Soekhoek” en “soek” rym telkens om die twee begrippe aan mekaar te bind en die soeke te beklemtoon.

 




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Kiekies

    28 Junie 2019

    Ek hou die meeste van Opsie 1. Dit laat ruimte vir my eie denke.

  2. Christa du Plessis

    29 Junie 2019

    Dankie vir jou meningitis, Kiekies. Opsie 1 is ook my eerste kruse.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 7
Kommentaar telling: 3

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 85 gaste aanlyn

Bydrae Totale