Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: SOEKENDE SMAG

Deur TaniaPascheka
Datum gepubliseer: 20 September 2020 Aantal woorde: 79 87 Kere gelees 6

SOEKENDE SMAG
(Brons)

soos die natuur smag na reën
en die son daarmee saam
so smag my binneste
na oorlewing op jou

soos die blom smag na die by
op natuur se naat vir voortbestaan
soek my hele wese
met ‘n woelende teug

soos die see smag na die storm wat woed
golwe wat heen en weer speel
rol my gedagtes klots-klots voort
oor die onkeerbare liefde

wat is die liefde dan sonder jou
behalwe smag-smag soekend

©️TaniaPascheka
20.09.2020




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    21 September 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2020 – Liefdes-projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 15
Kommentaar telling: 0

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 228 gaste aanlyn

Bydrae Totale