Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: slimste in sy klas

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 10 Maart 2020 Aantal woorde: 57 74 Kere gelees Hou van

enkel fynbos se tak
lê skeef en afgeruk
blaartjies afgepluk
in droogte verswak

dubbel spoortjies
van jong grysbok
proe aan elke stok
bly in lae voortjies

ek volg sy spoor
sien hoe hy skrik
vir die draadstrik
tot ek dit verloor

dankie sê dat hy
slim genoeg was
slimste in sy klas
strikke kan vermy

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 811
Kommentaar telling: 117

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 32 gaste aanlyn

Bydrae Totale