Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Skrywers en Resensies

Deur Ronel Janse van Vuuren
Datum gepubliseer: 23 Februarie 2020 Aantal woorde: 294 40 Kere gelees 1

Jy kan die perfekte storie, perfekte omslagontwerp, perfekte taalversorging en perfekte einde hê en nogsteeds minimum boek verkope. Hoekom? ‘n Tekort aan resensies. Mense hou daarvan om te doen wat ander doen en as dit lyk asof niemand ‘n belangstelling in iets het nie (geen resensies nie), gaan hulle ook nie ‘n belangstelling daarin hê nie.

Dit laat my dink aan die fliek “The Croods” waar die pa sê: Dis nuut, moenie daaraan raak nie!

Gelukkig het skrywers ‘n manier om dit reg te stel. Hoe? Deur ‘n groep lesers te hê wat in hul skryfwerk belangstel en alles wil lees wat hulle skryf – en dan hul menings met ander te deel (d.m.v. resensies).

Ek het onlangs ‘n nuwe lys begin – Mythmaker Clique – waarop ek al my “super fans” het wat gereeld my werk lees en resenseer. Hierdie lesers kry my boeke verniet.

Jy het reg gelees. Resensies verkoop boeke. So hoekom nie my lojale lesers beloon vir hul harde werk nie? Ek vra nie vir goeie resensies nie – net eerlike resensies. En dat hulle elke resensie op twee plekke plaas: BookBub/Goodreads/Amazon/Kobo/ander aanlyn winkels.

Vir meeste Suid-Afrikaners is dit maklik om op BookBub, Goodreads en Kobo resensies te plaas: dis verniet om ‘n rekening oop te maak en om resensies te los. Op Amazon moet jy ten minste vyftig dollar ‘n jaar spandeer om resensies te kan los.

As jy meer wil leer oor BookBub en Goodreads, lees hierdie stukkie op my webtuiste: https://www.ronelthemythmaker.com/adding-bookbub-to-your-author-toolbox-authortoolboxbloghop/

As jy wil aansluit by die Mythmaker Clique om my boeke te lees en te resenseer, gaan vul hierdie vorm uit: https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSf4IUQYMS5Q10n1XHbZ3OnE22q0wt-QBJf9jLn5nIJK2NgAcw/viewform




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 98
Kommentaar telling: 265

Daagliks skryf ek die stories neer wat in my kop woel. Of dit nou oor olifante en kabouters in die Knysna bos is en of dit oor ‘n tienermeisie is wat die wêreld moet red, ek is daar. My wêreld draai om my twee Rottweilers – hulle leer my om die perfekte dag na te streef, want vandag kan die laaste wees. Die perfekte dag: lag, dink en huil. Om te skryf maak elke dag die perfekte dag. In 2016 EN 2018 was ek ook benoem as Verhaalskrywer van die jaar hier op INK. Ek kan gevolg word op Twitter @miladyronel en meer van my gedagtes kan gevind word op my webtuiste http://www.ronelthemythmaker.com.

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 34 gaste aanlyn

Bydrae Totale