Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Wilhelmina

Ma se lag en pyn

Deur Datum gepubliseer: 28 Mei 2016 13

My ma se lag
is die sonsopkoms
wat die donkerte
In my verdryf.
Haar gebede dra my
soos ’n suigeling
aan haar lyf,
haar trane reinig my,
haar liedere genees
my verwonde gees.
Wanneer sy eendag
Oud en afgeleef verhuis,
Sal sy met blydskap
Op my koms daar wag.

© Wilhelmina Potgieter

 

Vang die oomblik vas

Deur Datum gepubliseer: 25 April 2016 13

Vang die oomblik vas …
Hoe weet ek dan
Of dit die oomblik was
Dis verby, dis gedaan

Vang die oomblik vas …
Laat dit jou nie ontwyk
Dis rondom jou, kyk
Daar waar dit altyd was

Vang die oomblik vas …
wat geld nie kan koop
oral waar ons loop
loop ons in die oomblik vas

altyd daarin toegevou
gryp dit,…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 82 gaste aanlyn

Bydraes – Argief