Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Blommie

Blou hortjie seehuis

Deur Datum gepubliseer: 28 Februarie 2017 22

Lê jou lyf
langs my neer
Fluister vir my
wat jou hart begeer

By ons blou hortjie seehuis

Wil jou hart toedraai
in ‘n Bergtee-bossie serp
My vingers
sag streel oor jou nek

Arbei druppels
op jou lyf
Smeer oor my lippe
terwyl ek in jou oë wegdryf

By ons blou hortjie seehuis

Die wind streel sag
deur jou hare
Stryk my hartsnare
Met jou liefdes…

Snaar-spore

Deur Datum gepubliseer: 16 November 2016 10

Longe pomp
nat asem…
wasem…
dit baar woorde…

Woorde leef
sonder asem
in asem

Woorde spat,
klap,
verniel en tart

Wanneer is ‘n woord Woord?
Wanneer is ‘n woord dood?

God se Woord
is Woord

Woord leef,
Woord is brood

Woord vloei
in woorde,
soos salwings-druppels
drup-trek dit heuning drade
van goue sonstrale
teen my…

Skilderdoek klonte

Deur Datum gepubliseer: 4 Oktober 2016 10

Swart koffie drup
filter ink
Swart vlekke
wat in my siel insink

Versuip en smeer
Smeer die gedagtes en visioene

Deurmekaar in kleur klonte
op ‘n hoop, in ‘n hoek
Met vuil vingers
smeer dit op
my skilderdoek

Verf strepe buite die lyne
Slordige spatsels van random verlange

Leë siele lê rond in tente
Voos geworstel met hul engele

My siel plof in die…

Toe ontmoet ek jou

Deur Datum gepubliseer: 4 Oktober 2016 16

‘n Begeertes-kreet skeur deur my gemoed
Verpletter al my drome en die dinge waarna ek soek

Toe ontmoet ek jou!

My hart rou geskree na liefde
Hees stem en modder-streep trane

Toe ontmoet ek jou!

Gebreekte sonstraal-vingers geknak deur dik gordyne
Verlange-gebede in die donkerte, kamer sonder kosyne

Toe ontmoet ek jou!

Ek wil jou met my lyf…

Flenter kompas

Deur Datum gepubliseer: 30 September 2016 19

Die son hang oranje-laag in my winter boom geraamte
‘n Irriterende en bytende kol muggies spookasem oor elke gedagte

In myself gekeer
Emosioneel struikelend en ‘n hart wat begeer

Keer ek terug na die ou bouval
Waar ek snags kan rus onder die knipoog heelal

Uittand baksteenmure van ‘n eens wonderlike lugkasteel
Nou ‘n ou murasie…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 94 gaste aanlyn

Bydrae Totale