Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Tharina Schnetler

Liefde is die antwoord

Deur Datum gepubliseer: 8 Maart 2018 8

LIEFDE die antwoord

miswolksag jou grepe van hoop
liefgelukkig ontvang ek jou
jy vul my yskoue bestaan met warm omgee
vasge-anker met ‘n lewenskoord
ek lééf in jou bestaan

jy hou my hart in jou hand
in bloulugsfere reik ek na jou sonskyn arms
stadig draaiend hou jy my styf teen…

het jy al?

Deur Datum gepubliseer: 8 Maart 2018 7

Het jy al?

het jy al die bosveldmaan geproe
wyl jy motvlerkwapper daarvan skink
hy smaak helderblink doudruppelblou
as hy knipoog vir jou met ‘n flertsie sku

het jy al die sonbesiesang gesien
dis net soos trommelvoetstappe oor jou warm lyf
hoendervleiskoud die grootsheid daarvan
dat hul afkoel deur hul irriterende…

Want toe was jy nog lief vir my

Deur Datum gepubliseer: 8 Maart 2018 7

Want toe was jy nog lief vir my (SPERSTREPE)

Ek huiwerstap met trae voeteval
versigtig, verleë, verward
jou sperstreep woorde wat om my knal
slaan my menswees plat, hortend en hard

niks wat ek doen is ooit goed genoeg
alleen in my binnekamer sal ek aanhou wroeg
binne die sperstreep van…

Toegekurk

Deur Datum gepubliseer: 8 Maart 2018 7

Toegekurk

Op die stoep van my onthou
Liefde en omgee, kosbaar getrou
Maar binne, ‘n warboel vrae
Dit vul my bestaanlose dae

Genade van my Hemelse Vader
abbadra my oor ‘n stukkende pad
vele momente en gedagtes eskader
skiet met gebed in hoogste rat

elke keer as my diepste wese
geraakword deur…

Trek aan my serp

Deur Datum gepubliseer: 8 Maart 2018 5

Trek aan my serp

ek skryf vir jou ‘n brief
hier uit vroegherfs se onthou
daar was blare uit die lug
wat roesbruin oor jou vou
my gemoed was lig dog swaar
toe jou liefde, stuwend dors
dringend maar vol halt
wintervat vooruit ontspoor
herfs het ook vir jou
‘n…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 69 gaste aanlyn

Bydrae Totale