Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Stephan

Ode aan my vrou

Deur Datum gepubliseer: 13 April 2019 6

Ode aan my vrou

Jou vroegoggendsoen is oggendstondgoud op my mond
my siel word toegeskulp in die weelde van jou pêrelglimlag
jou stem se fluistering fluweel die kamers van my hart
ek proe ons ewig-saam in die heuning van jou tong.

Ons elke dag se paadjieskei krater my bestaan
lawarooi die…

Te lank

Deur Datum gepubliseer: 12 Februarie 2019 4

Te lank

Te lank het ek gestry
te lank het ek baklei
te lank het ek gewag
maar nooit word nag weer dag.

Waarom sal ek dan bly talm
waarom nie gryp na die halm
al voel ek ook kaal gestroop
by my pa is daar dalk hoop.

Ek het na my…

Driehoek 2019/02/01

Deur Datum gepubliseer: 8 Februarie 2019 3

Driehoek 2019/02/01

ʼn Knak, ʼn kraak … dan die donderweer
ʼn gil, so skril … dan dodelik stil
so gou, so grou … dan die ewige seer

©Stephan Uys 2019/02/02

Vlerke van geloof

Deur Datum gepubliseer: 7 Februarie 2019 4

Vlerke van geloof

Soms is dit donker nag
sonder lig, sonder krag
geen uitkoms te gewaar
hoe hard jy ook al staar.

Soms is dit donker nag
maar dan moet jy bly wag
ʼn antwoord sal jy vind
want jy is God se kind.

Soms is dit donker nag
maar…

Gee my net kans

Deur Datum gepubliseer: 7 Februarie 2019 1

Gee my net kans

Moenie my sê God is goed
as ek huil-loop agter ʼn begrafnisstoet.
Moenie my sê God is goed
as ek my geliefdes die laaste maal groet.

Los jou verstand en leen my jou hart
geen woorde bring troos in tye van smart.
Verstáán jy my pyn raak…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 27 gaste aanlyn

Bydrae Totale