Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Stephan

Ek onthou

Deur Datum gepubliseer: 14 Junie 2019 5

Ek onthou

Jou foto vlam fel verlange
in my hart se doolhofgange
ingekerkerde emosie
ontsnap uit seer se erosie
soos sonsopkoms ontvou onthou
geleende tye saam met jou
ʼn traan val op die foto raam
en saggies prewel ek jou naam.

©Stephan Uys 2019/06/14

Windgatte

Deur Datum gepubliseer: 25 Mei 2019 3

Windgatte, deur Stephan Uys
(waarskuwing: nie vir sensitiewe ruikers nie!)

Ek kom uit twee families vol windgatte. Aan beide pa en ma se kant is daar massiewe stambome propvol windgatte. Maar moet my nou nie verkeerd verstaan nie, ek praat nou nie van daardie windgatte met pampoen-dra-armpies en klein-mannetjie-sindroom nie….

Die Paaslam

Deur Datum gepubliseer: 20 April 2019 3

Die Paaslam

Isak vra Abraham: “Waar is die lam wat ons gaan offer?”
“God sal self ʼn lam voorsien” het Abraham in geloof geopper.
Op ʼn berg in Moria maak Abraham gereed om Isak te slag,
maar die engel roep uit en sê: “Abraham wag!”
Abraham kyk op en sien…

Pa en die maanhaar

Deur Datum gepubliseer: 13 April 2019 5

Pa en die maanhaar, deur Stephan Uys

Kyk, as jy boer is vakansies mos skaarser as hoendertande. Ek het reeds vyf hoendertande gevind voor pa ons een jaar Kruger Wildtuin toe vat vir ʼn vinnige wegbreek. Omdat niemand kon weet hoeveel hoendertande daar lê voor die volgende vakansie nie, koop…

Liefde bewys

Deur Datum gepubliseer: 13 April 2019 4

Liefde bewys

Waar kruis uit grou-grys graniet verrys
waar gebroke man aan houtkruis hang
waar growwe grond Gods bloed opvang
het God sy liefde aan die mens bewys.

Asyn vir Sy pyn word van die hand gewys
met “Dit is volbring” eindig Hy sy foltering
Romein getuig Sy Godheid in stomme…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 53 gaste aanlyn

Bydrae Totale