Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

stella

opdrag 8

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2018 12

sal jy steeds staan
neffens die draad, teen die son
as die honde met bloed en skuim
om bekke huil teen die maan;
as die mislikreën
teen die venster tik-tik, tik-tik
en die son gaan skuiling soek
vêr onder die venster
waar droog
die kosmos laat blom?

© stella

strellips: …

opdrag 7

Deur Datum gepubliseer: 26 Augustus 2018 3

die reuk van oggendlyf
eggo steeds teen die binnemuur
wat met voornagwarboel, sekuur
die smaak van pyn weg kon vryf
en die eksegese van òns teks kon beskryf;
uur
na uur
verder, verder weggedryf
na werklikheid van nèt wens
waar gister se soet
en lyflief steeds, weer die…

opdrag 6

Deur Datum gepubliseer: 17 Augustus 2018 3

want die mooi-mooi van cameo
en sondagbaadjie
versteek die hartseer van oorjas en voorskoot;

plooie en kommer (voor perfekte huis)
waar tandarts en suster
die geheimenis agter sonstoep en paisleygordyn in (bo)kombuis
die sy-my of hy-my die grys
van werklikheid verstoot:

vurkvrede,
Godsgebede

opdra 5

Deur Datum gepubliseer: 10 Augustus 2018 2

want jý, my lief, my lief
ken die taal van my lyf
as ek maskerloos die nog-nog
in jou koperboom kom hang;
lief my tog vir my wolke, my berg
met sterre wat helder in duisternis
(bittersoet)
vir hoofstraatbord sing
en ek ons name uit kan
S K R…

opdrag 4

Deur Datum gepubliseer: 3 Augustus 2018 5

en die leeus en monsters van die diep blou see
het die brood en wyn met vraatsug weggesluk;
krummels weggevee
en onder die swellings van branders
en varsvrotvleis
die genadeboot omgetiep;
die kuil se vloer het steeds spierwit, bloedloos
die eggo
eggo
eggo
teruggeskree;

en die leeus en monsters van…

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 67 gaste aanlyn

Bydrae Totale