Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Ryno Rossouw

Progressie (Opdrag 8)

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2018 5

Tyd Triolet

Die Tyd Triolet bestaan uit 3 strofes waar elke strofe 5 of minder versreëls bevat:
Strofe 1 moet in die verlede tyd geskryf word
Strofe 2 moet in die teenwoordige tyd geskryf word
Strofe 3 moet in die toekomende tyd geskryf word

Die strofes hoef nie noodwendig in…

tien voor twee (Opdrag 7)

Deur Datum gepubliseer: 24 Augustus 2018 3

soos ek my vingers deur jou hare steek
en jou oë soos saffiere blink
begin ons in die oomblik wegsink
hoor ek jou stilletjies smeek
vir alles waar woorde ons ontbreek
sal liefdesklanke in simfonie weerklink
wil ek myself in jou wese verdrink
leer ons saam om tyd te…

aan die voete van my godin (Opdrag 6)

Deur Datum gepubliseer: 17 Augustus 2018 6

in die onskuld van jou oë
waar die dae soos bloeisels
onder jou voete dans
daar is jy met roesbruinhare,
geskape in die pêrel van ʼn volmaakte gister

deur die katedrale van Floraans
eggo die Primavera en Madonna se kleure in melankolie
waar die soektog na roem
met die wind…

Langbome toe (Opdrag 5)

Deur Datum gepubliseer: 10 Augustus 2018 5

die maan illumineer my trane
wat deur die vlei van verlange vloei
waar moederaarde met blom en blaar
herinneringe laat kom en gaan

oorywerig
met die son in my sak
loop ek blindelings
teen die kranse van jou menswees vas

en hang ek my drome op
tussen die
l
a
n

Reisplan (Opdrag 4)

Deur Datum gepubliseer: 31 Julie 2018 6

tussen twee spore van toe en nou
staar ek deur glinsterende diamanttrane
(hoopvol) na die belowende natuurskoon
terwyl my vingers speels gly oor die kreukels van padkaartherinneringe

tussen twee spore van toe en nou
het die belofte van ‘n sewende hemel
soos roet aan my handpalms kom lê –

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 79 gaste aanlyn

Bydrae Totale