Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Koekekranka

Self bespieëlend

Deur Datum gepubliseer: 21 Desember 2017 6

Die skeefloop van krappies
kan ʼn mens nog verstaan
maar skeelheid van ogies
staan ‘n mens mos nie aan

en die miskyk deur ons
van ons naaste se leed
is die liefde-gebod
wat ons dikwels vergeet

Na Winter – Lewe

Deur Datum gepubliseer: 4 Desember 2017 5

Aan die einde van die dag kom ek staan
om bewonderend te kyk na die maan
wat druip bo die son wat rand-oor verdwyn
in eiesoortigheid van gode-skyn.

En in kleur van dié aangeslane goud,
voel ek ‘n sielsverlange skielik koud
soos die wegslaan-asem van die winter
toe die son…

Wat is…

Deur Datum gepubliseer: 26 Oktober 2017 4

Wat is Kersfeestyd… Net ʼn joligheid
met kuier en plesierige gekras?
Want deur die drinkery, gevloek en bras
word smerig ontbloot ons skynheiligheid…

Ag, verlorenes, los dié varkenskos;
vlug na die Kruis en word feest’lik verlos!

Winterbreker (Lente projek September 2017)

Deur Datum gepubliseer: 18 Oktober 2017 7

Ek is die opbreek van die koue
ná die stille wintergroei,
wat met wonderverf die groue
weer opnuut tot kleur laat bloei.

Ek trippel in my lente-skoentjies
agter verfkwas-feetjies aan;
verby die geur van rooi kalkoentjies
in die skemer van die maan.

En saggies trappend op die grassies
sny kaboutertjies my spoor
na die vaal vergeet-my-nietjies
om weer kleur in…

Oer-oorsprong van die liefde…

Deur Datum gepubliseer: 17 Oktober 2017 7

En jy vertel vir my tog só bitter graag
-met adres agter-op dié ou koevert!-
van tienderjare-gissings en die vraag
na jeug se droom: “Is dit nog ietsie werd?”

Maar sou jy (…ás jy nog my briefies hou…)
dalk, net dalkies(!) die toekoms-in onthou
van die stortvloed van woorde wat…

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 94 gaste aanlyn

Bydrae Totale