Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Paula Paxton

KOMPLEKSITEIT VAN DIE MENS

Deur Datum gepubliseer: 7 Augustus 2019 Hou van

Na Een beeld gevorm, maar elk individueel.
Almal dieselfde, sal mensdom net verveel.
Met kompleksiteit wat ek soms glad nie kan verstaan,
Loop elke mens in sy eie lewensbaan.

Geen denke ooit dieselfde, uniek is jy gemaak.
Elk met eie keuses, elk na vrye smaak.
Deur jou perspektief sal jy…

ALTYD ‘n NUWE DAG

Deur Datum gepubliseer: 19 Julie 2019 1

Goudstreep val oor houtvloer
deur roetbelaaide ruite.
Beklemtoon stowwerige duiwelsdons
wat onder swaar meubels vergader.

My naggewaad is flodderkous
met kabaai oorgegooi,
span ek my logge liggaam
moeisaam van die katel.

Skree planke hul krakekreet
asof hul onder my gewig wil breek
terwyl moegeloopde voete
skuifel-skuifel sleep.

‘n Nuwe more breek.
Gooi…

TYD

Deur Datum gepubliseer: 19 Julie 2019 1

Sweef my hand geluidloos
net bokant end van grashalms,
waar hul wiegend
in westewind dans.

Suis die klank van leegte
‘n melancholiese wysie
van ongevraagde verlange,
onbekende nastolgie.

Waai my eens linnewit rok
‘n patroon teen my lyf.
Afgeëtste beeld
teen die goud van ra.

Loop ek in stilte
na die…

TWEE WINTERS

Deur Datum gepubliseer: 19 Julie 2019 1

My pandokkie uit klip, gevul met yskoud
in die vaal vlaktes van die weste,
smag na geknetter, verlang na geklap,
net soos joune in die Kaap.

Bedel ek in geskrif, smeek ek in gedig
vir n kooltjie van jou vuur,
vlamme van jou kaggel,
waar hitte die winter verneuk.

Verwarm…

Velkleur

Deur Datum gepubliseer: 3 Julie 2019 1

Uit stof gevorm, met God’s asem gevul

is ELKE mens, tot lewe onthul.

Bloed vloei rooi, siele deursigtig gekleur

harte wat op dieselfde manier treur.

.

God se skakering van vlees

so mooi hoort te wees,

deur hoogmoed van mens

deur afsku verwens.

.

Range vir sommige, afhangende van kleur

laat siele van mense in flentertjies skeur.

Wonder ek as digter,…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 73 gaste aanlyn

Bydrae Totale