Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Paula Paxton

Gebrek aan kennis

Deur Datum gepubliseer: 11 September 2019 Hou van

My siel is verkreukel en my gemoed moeggetap.
Oral om my is onherroeplike smart.
Terwyl mensdom vol kritikasters heers
Met onbesuisde woede wil beheer in vrees.

Op gerugte van grootmaak ry hul die golf,
word elke stofkorrel tot berg omgedolf.
Sien hul kortsigtig, sonder selfondersoek.
Glo hul die kronieke…

Lewensspore

Deur Datum gepubliseer: 11 September 2019 Hou van

Voddevoos die lap
wat vlees sou bedek,
rafel tot repies,
verkrummel tot stof.

Vuilgetrap in lewenslesse
deur modder diep, verdrink.
Soms met hartseer deurdrenk
tot barste in eeltevlees.

Skurf en ru geskaaf.
Geknyp en ingevou
tot elke naat gelaat
in voete van baie ou.

Le hul leweloos….
Uitgedroog en kaal,
oortrek tot…

Nuwe lewe

Deur Datum gepubliseer: 10 September 2019 Hou van

Bars die ru hout
Op naat van sy lewensare
Deur spyker wat deurdring.
Wat wonde los in MensGees vlees.

Bevogtig Heilige Bloed
Uitgedroogte balk
Met nuwe lewe belofte
Waar dood reeds geheers het.

Staan dooie bene op
Rittel deur Nuwe Asem
Waar vleis en seening heg
Deur n doodsoorwinning geveg.

Paula Paxton

TREURENDE WINDJIE

Deur Datum gepubliseer: 7 Augustus 2019 Hou van

Die wind treur deur die gleufies sy eensaam gesang.
Word so een met my verlore verlang.
Sny koud en diep tussen gleuwe en vlaktes.
Heg soos hakkies aan my verdiepte gedagtes.

Roep deur oop spasies sy verlore geween.
Trek my nader aan my eensaam alleen.
Blaas deur die lug met…

NICO

Deur Datum gepubliseer: 7 Augustus 2019 1

Jy kom met Augustus se laaste koue ure.
Met passie breek jy af, my sterk geboude mure.
Om my winde wat waai met vrede te vertroos.
Kom herbou jy my hart so verniel en baie broos.

Kom tel jy my trane en vang dit in ‘n fles.
Maak jy heel…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 75 gaste aanlyn

Bydrae Totale