Palet
BRONS KLAS
Najaarsblom
2.Wink die skemerskadu’s blink
‘n Najaarsblom
lӗ geberg in die holte van my hand
wat deur die wind
nuwe eilande vind
Waar dit diep in my siel brand
elke gedagte en illusie moet ek inhou
styg en daal
aaneen alleen
Dan kyk ons hoe die bloulip horison
op ‘n spierwit strand
skaam-skaam
in die skemergloed wink
Blink soet, ‘n najaarsblom
op die goue sagte sand, vir jou en my
Oktober projek
2.Deur die droogte vermin
Ons bid na die berg
dat die reӗn
die pienk rose
se trane sal kom droog
Net stof dwarrel
om die vlaktes heen
wat droog, dorsend
na water kreun
Wanneer die wind
deur ‘n kierieklapper
se blare terg
verstil die boer se hart
in sy diepe smart
Hy vat sy kind se hand
en voel hoe die reuk
van pienk rose
in sy oӫ brand
Augustus 2017 – As die seisoene draai projek
Eervolle vermelding:
Dig en diep
Eenvoudig mooi en sonder skyn
tolbos in die wind
vlindervladder in die lug
sê dit met ‘n soen
So sonder rede
so onverklaarbaar
‘n eenvoudige gebaar van liefde
wanneer lente ontwaak uit die gras
Doeksag het die soet my ontvou
sing sag, my hart
‘n soet refrein.
Palet
April 2018 – Paasfees projek
1.Woorde van goedheid
Wit lyk die lug
hier waar ek staan en kyk
hoe die boompie
se blare verblyk
Hoe hulle afteimel na die grond
hoe die takke yl word
wanneer die stilkoue oor hulle streel
en alles vaal poleer
Uit die smeltkroes van U lyding
bring U vir my genesing
vandag se tydelikheid
is mŏre se werklikheid
Palet
3.Ewige lewe
Vader vergewe hulle
hulle weet nie wat hulle doen
aan U hande gee ek my gees oor,
Ek het my kruis voor U gebring
Die sterwensoomblik van Jesus
enkele minute voor Sy dood
sy liggaam met bloed bevlek
sy hoof met ‘n doringkrans bedek
U is redder en Heer
U hart is sag
So baie liefde wat U gee
U het nooit opgegee
Donker skadu’s hang
Hy voel so bang
maar Hy weet
God is daar om hom te red
Hy het die dood oorwin
opgestaan en opgevaar na die hemel
ons die ewige lewe gegee
vir almal wat in Hom glo
Dit is volbring
Palet
SILWERKLAS
Desember 2021 – Metafoor projek
2.Nakend is die nag
Skemer fluister
Verkrummel ‘n gotiese lag
voor die koue hande van die nag
in die oomblik van skemer se misterieuse bloei
‘n vonnis uitspreek
oor die einde van nog ‘n dag
Palet