Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Palet

‘n Geharde boom

Deur Datum gepubliseer: 27 Mei 2020 3

Ek wens dat ek
soos ‘n boom
kan stilstaan in stil getuie
en sweef tussen planete

Met wortels so diep
dat geen orkaan my kan omwaai
wat in die skemer herinneringe kon oproep
en sag oor my droë blare kon streel

Waar die wind amper onhoorbaar
daardeur raas
splinters maanlig val deur die takkies
en met my vingerpunte daaraan kon…

COVID-19

Deur Datum gepubliseer: 27 Maart 2020 2

Vreesbevange is mense oor die coronavirus
die nuus is op almal se lippe, en op al wat ‘n voorblad
wat die wêreld aanval oor die hele aardbol heen
skrikwekkend en geen genade betoon vir iedereen

Siekes en lyke lê in hospitale gestrooi
Gesigmaskers word oral gesien
Oral heers paniek en kommer
Die virus het die wêreld…

Egbreuk se gevolge

Deur Datum gepubliseer: 28 Februarie 2020 2

Dit is Sondag en die kerk is stampvol mense, soos gewoonlik sit elkeen op sy of haar eie plek uit die mag van gewoonte. Pastoor en sy ouderlinge buig die hoofde en neem hul plek op die verhoog in, Tannie Petro begin weer aanborstig te hoes en verlaat die…

Skommel gedagtes

Deur Datum gepubliseer: 20 Februarie 2020 2

In die sagte lyn
van ‘n bok se spoor
voel dit of ek
tussen ontnugtering
en sielvolheid
rigting verloor

Probeer ek die
ewigheid
van rigting
in hierdie skommel
van sinvolheid
in onuitgesproke beloftes
die sonskyn vind

Soos ‘n springbok

Bitter smaak

Deur Datum gepubliseer: 6 Februarie 2020 3

‘n Bitter Bessie is vol grys beloftes
waar is die geuiterde troubeloftes?
Nou is grom-woorde
met geklemde akkoorde
die moeder van alle seerkry sondes

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 111 gaste aanlyn

Bydrae Totale