Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Okatopi

‘n Nuwe Dag

Deur Datum gepubliseer: 30 Julie 2017 5

Die kou flou winterson
speel plek plek wegkruipertjie oor rant en kloof,
laat orals donker skadukolle lê waar wit ryp,
verbete probeer klou.

Hoog op, teen ‘n helder sonkol afge-ets…
tussen kierieklapper, raasblaar en mopanie,
staan ‘n eensaam Koedoebul sy rykdom en bekyk…
In volmaakte harmonie met die natuur,
drink…

Volmaaktheid

Deur Datum gepubliseer: 25 Julie 2017 4

Jou skoonheid eggo langsaam,
van elke klip en boom…
en waar jou voete sag neer sit,
groei gras in lower groen.

Jou skaterlag,
weerklink die stil bergstroom se klippe kabbel val,
en elke voёl besing uitbundig…
jou stile sag teenwoordigheid.

So onlosmaaklik deel van die natuur,
want…

Volmaaktheid kom net soms,
veral…

Illusie

Deur Datum gepubliseer: 24 Julie 2017 2

Vlugvoetig draf jy deur my drome,
nag na nag

Terg jy speels en sonder ophou,
of te wag

En al wat oorbly die illusie,
van jou daar wees

En die reuk,
Van jou parfuum

© F Jansen van Vuuren

Het ek jou vertel

Deur Datum gepubliseer: 23 Julie 2017 4

Het ek jou vertel,
hoe die dag na nag verander sonder jou?
Het ek jou vertel,
hoekom die maan en sterre dof word as jy gaan?
Het ek jou vertel,
hoekom blomme soms verwelk as jy weg is?
Het ek jou vertel.
hoekom die lug blouer is met jou…

Transkei

Deur Datum gepubliseer: 21 Julie 2017 2

Waar valleie wegval,
skielik onder voet verdwyn,
en die son sy eerste strale skalks oor berg en rant laat kruip…
Ruik jy die veld,
nat van die vroeg oggend geboorte,
van ‘n nuwe dag.

Ruwe rotse opgestapel,
soos rommel in die skadu van die berg,
dan wegval na benede en

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 31 gaste aanlyn

Bydrae Totale