Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Okatopi

Verstrengelde Afhanklikheid

Deur Datum gepubliseer: 2 Januarie 2018 7

Vannag vind ek myself weer in jou arms,
Geborge in jou veilige hawe van vrede en rus
Soos dit nog altyd moes wees
Wanneer ek net weereens, nederig besef
Ek is nie altyd sterk en onaantasbaar
Soos die lewe dit wil hê
En het jou altyd nodig
Om my volledig mens te maak
My aan te vul…

Die Uurglas

Deur Datum gepubliseer: 3 Augustus 2017 30

Die uurglas …omgedop,
die sand loop stadig uit…
maar ons wil die tyd vertraag,
gister so vervaag…
en tog,
die vasvang van die tyd…
en gister se onthou,
die onvermoё om te verwyt…
die versugting na gister.

Die lesse van die tyd,

Najaars versugting

Deur Datum gepubliseer: 3 Augustus 2017 4

Gooi vir my ‘n blaar…
roes bruin van die jaars verandering,
om my te herhinder aan die gisters…
wat groen en vol son was.

Mooi en vol geluk,
nie net die doodsheid van die winter…
met nat vae dampkolle,
om starende straatligte na twaalf.

Want die lewe begin eers weer,
as die son opkom

© F Jansen van Vuuren

Te laat

Deur Datum gepubliseer: 1 Augustus 2017 4

Toe die flou son sak,
die mis verstikkend inrol oor die water…
en die koue my bene binnedring,
besef ek,
dit is laat…

Laat …?
laat vir die dag,
laat vir langs die see sit,
laat vir oorbegin,
laat vir die voldoening van die lewe en …
laat vir alles…

Somer…

Beelde

Deur Datum gepubliseer: 31 Julie 2017 10

Jou stem in my ore
Jou woorde sag en ragfyn
Benewel my sinne
Tower beelde op
Verder as die buitenste ruim

Jou liggaam volmaak
Elke ronding perfek
Uitlokkend verleidelik
Laat my woordeloos dwaal
‘n Drenkeling op droё grond

Jou psige vlymskerp
Bedink als voor ek kan
Laat my altyd wonder
Wie…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 67 gaste aanlyn

Bydrae Totale