Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Nelia Strydom

Voorreg van vryheid

Deur Datum gepubliseer: 30 Maart 2017 15

Bloeiseltjie bekroon
slapies sag leer glo en lag
pasgebore vry

Suur mynwater

Deur Datum gepubliseer: 21 Maart 2017 17

Begrawe diep in rotsformasie,
is ‘n kluis in aarde toegevou,
so kunstig van kristal en klip gebou
waar eggo’s klinkel in geheime spasie.

In daardie diepte leef ‘n meer.
Belowend blink die donkerblou;
luminessensie glimmer vrolik flou;
die raarste diertjies dans daar sonder kleur.

Maar vreemde druppels kom toe vrede dreig.

Noodlottig beroof

Deur Datum gepubliseer: 16 Maart 2017 10

My huis was gesluit
jy staan in my knus kombuis
voete in my bloed.

In Juffrou Viljoen se skoene

Deur Datum gepubliseer: 14 Maart 2017 14

Juffrou Viljoen, sy woon in ‘n skoen,
of mens kan dit seker ook ‘n eenslaapkamer plek in ‘n kompleksie noem.
Darem gee sy vir hulle ‘n dak oor die kop,
al skinder die bure so vreeslik oor die Viljoen kindertrop.

Duidelik is daar geen meer pa in die prentjie.
Waarskynlik…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 99 gaste aanlyn

Bydraes – Argief