Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

nadianagel

Sollievo (opdrag 8)

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2018 8

Undici
ʼn Undici is ʼn digvorm wat bestaan uit ʼn totaal van 3 strofes en 11 versreëls. Strofe 1 bestaan uit 3 versreëls en strofe 2 en 3 bestaan uit 4 versreëls. In die laaste strofe moet daar ʼn wending plaasvind. Daar moet een of ander vorm van personifikasie…

Begeertes van die vlees (opdrag 7)

Deur Datum gepubliseer: 24 Augustus 2018 4

jou arms is waar ek wil wees
onder die sterre en die sekelmaan
die strand en branders ons wentelbaan
word ek deel van jou menswees, jou liggaam en gees
terwyl jou vingers oor die padkaart van my lyf lees
weet ek dat jy die hunkering van my siel verstaan

die soort vrou wat sy gedink het sy moes wees (opdrag 6)

Deur Datum gepubliseer: 17 Augustus 2018 3

met die warm son op haar rug
en die soet geur van begonias in die lug
hoor sy hoe die Groot Depressie weer haar naam roep
1930 brand in haar keel en in haar bors
onderdrukking pols deur haar are

vreugde is nou volksvreemd
magtelose moedeloosheid klou vas aan alles

ontnugtering (opdrag 5)

Deur Datum gepubliseer: 10 Augustus 2018 3

jy
met die aarde in jou skurwe hande
en die spookasemwoorde
met die glinster van tienduisend sterre in jou lag
en die swaartekrag aan jou vingerpunte
het die mure rondom my kom afbreek
en soos ʼn sandkasteel laat wegspoel in die diep blou see

en toe
het jy ook
verdwyn

©…

parstyd (opdrag 4)

Deur Datum gepubliseer: 1 Augustus 2018 5

die liefde is blind, maar nie die bure nie
die Wes-Kaapse wind waai koud deur die vrugbaarste wingerde
vas teen my lyf, soos ‘n (gekneusde) perske
vas teen my siel, soos (geparsde) druiwe
en jy – my lief – raak dronk op die wyn van my seer
die liefde…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 74 gaste aanlyn

Bydrae Totale