Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

morne du preez

As ek waak hou oor die sterre

Deur Datum gepubliseer: 27 Junie 2019 1

Ek kyk donker diep in jou
stille nagte-sang van verlange
skitterende,swetterjoel jou sterregang se sang

en as ek weer verlore raak
jy my begelei uit my nagtelose gaap
vasbind met Orion se belt

tot ons weer by Venus verby gaan
haar ‘n monhur gee
vir haar liefdes sang

my uit jou sterrelyf…

Loflied aan my pen

Deur Datum gepubliseer: 20 Junie 2019 Hou van

”Gedog sou minder skryf”
maar die woorde bly lag en lag
binne my,hulle sê:
wat minder skryf?

ek val in my gedagtes rond
struikel oor my eie tong
wat homself as ‘n slang vermom
my weer insluk en uitspoeg

‘n woordekamp vol terroriste
ontlooide plofbare lettergrepe
akutus en aksente soos vente
se greep om my aksentueer

‘n swetterjoel aangehits,
gepoets,gepaai(de),lawaai
wat my brein…

Magriet se lied

Deur Datum gepubliseer: 19 Junie 2019 Hou van

Vat my Magriet tussen,
jou loslyf reuke
tot waar my woorde
naak gedwee
onderste bo sweef
saam
liewenheersbesies,
kaalmoes en almoes
rond,
poets.
©morné du preez

Die blou wens

Deur Datum gepubliseer: 19 Junie 2019 1

Hier in my spens
sit iets en grens
diep binne-pens

spoeg my uit
kou my rou
week my wil

gril en brul
bries koue wraak
wat my kraak

my gedagtes namaak
sit en slaap
koggel en gaap

niks te begeer
vind jy als
hierdie vuil ou blou wens.

©morné du preez

Die blou wens

Deur Datum gepubliseer: 19 Junie 2019 1

Hier in my spens
sit iets en grens
diep binne-pens

spoeg my uit
kpu my rou
week my wil

gril en brul
bries koue wraak
wat my kraak

my gedagtes namaak
sit en slaap
koggel en gaap

niks te begeer
vind jy als
hierdie vuil ou blou wens.

©morné du preez

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 109 gaste aanlyn

Bydrae Totale