Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

morne du preez

Die donkerdag

Deur Datum gepubliseer: 23 Julie 2019 1

Rou is ‘n kleur
grys met roet gesméér
onderstebo in-mekaar-geblik
met ‘n leë dorwe kreet

die hemel,bruis ,knel en skor
wolke drup losbandig
so asof die vuilheid net wegspoel
uit na die see

Verorber sal dit tog net weer word
met hoek en lyn
op-ka-trol-op-ka-trol
deur die branders se breek
oor…

Mantelkraan

Deur Datum gepubliseer: 23 Julie 2019 Hou van

Dink togie hy sal iewers gaan sonder naam
opgeraam onder ‘n sekelmaan
met sy tas vol stêrre-pak
onder
dag, dikkop sy dikkop saam sklilpad dop
ssssssssshhhhs die langwurm man
wat raak jy aan my Mantelkraan!

©Morné du Preez

Appelboom

Deur Datum gepubliseer: 19 Julie 2019 3

Onder die blou-pens-lug
waar vlinders-vlug
en sywurms-sug
lag die wolke breed
klets ‘n kraai-kardoes
is dit ‘n goud-sliwer-ring?

Binne die appel-bloeisel-blom
sit ‘n by en brom
oor die spinne-kop-gom
tyd vermom en heuning
die soet-tand-grond-roer

Na volgende bladsy
Sien die bladsy is vir jou
Poppie jy is mooi
skarlaken getooi
Wys…

Skakelbord dra my oor na die hemel

Deur Datum gepubliseer: 17 Julie 2019 3

Soms moet jy net lees
oorgretig soos ‘n rusper als verorber
geraam in ‘n rondegang
gespoel met die wisselbaarheid van tyd

Waaraan gedagtes oorhaal
verstop ons mond
versuip ons gees
ontvlam die donker vrees

Hoe méét mens die wydte tussen hemel en aarde met ‘n slap-opgerolde-stok

Soldaat,soldaat staan stil!
Skiet…

Blou-karretjie

Deur Datum gepubliseer: 16 Julie 2019 Hou van

Ek ry met ‘n blou-karretjie
in my verbeelding rond
tot by die son
wat my blou-karretjie smelt
oor ‘n wit leë canvass geboorte gee
te prikkel en teug
te soeke aan die meester stoel
miskien soos Hansie en Grietjie
krummels oor my gedagtes strooi
as ek maar net wéér…

Gebruikers Aanlyn

6 Lede, 137 gaste aanlyn

Bydrae Totale