Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Marsofine

Passie

Deur Datum gepubliseer: 12 November 2019 1

Uit die passie van my wese
uit die klop van my hart
uit die siel van my bestaan
met alles wat ek het . . .
sal ek jou beskerm
vashou
koester
bemin
tot die heuwels vlaktes raak
tot die see verdroog tot sand
tot die son en maan…

Volmaakte eenvoud

Deur Datum gepubliseer: 6 November 2019 Hou van

In jou volmaakte
eenvoud
lê jou skoonheid
vasgevang
deur Meesterhand
het Hy
een enkel
lower boompie
in hierdie dorre aarde

Laat-lente tuin

Deur Datum gepubliseer: 6 November 2019 4

Laat lente het jy haar gevind
Waar sy in jou tuin
Van blom tot blom dwaal
Soms ‘n bietjie langer stil staan

Jy het na haar gegaan
In bepeinsing oor waarna sy daar so staar
Langs haar stil gaan staan
In stille verwondering die prag aanskou

Teer vat jy haar hand…

Atleet

Deur Datum gepubliseer: 1 November 2019 1

(vir Chantelle)

Kop onderstebo
W A G
sy
haar liggaam
soos ‘n snaar gespan
die skoot knal
soos ʼn pyl uit ʼn boog
skiet…

Kleure van jou . . .

Deur Datum gepubliseer: 31 Oktober 2019 Hou van

In die kleure
van jou
menswees
is hoe ek
jou bemin

as jy ontwaak
soos ‘n sagte brose sonneblom
jou gesig draai na die son

en soos die ure
aanstap

jou mense wees ontvou

soms in
staal harde ontsteltenis
wat aan jou lyf vasklou

soms in jou sonstraal
luidkeels-lag
wat almal vir nog
laat…

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 164 gaste aanlyn

Bydrae Totale