Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Mariska Smit

Ex Facia

Deur Datum gepubliseer: 26 September 2020 2

Jou stil staar
blou – ontketen
snak uit asem,
helder ruite
opgewasem.

Fokus skuif
pupil omskryf
‘n dialoog
in iris taal
wat jy be-oog.

Eva

Deur Datum gepubliseer: 26 September 2020 1

Geskenk vir jou
uit jou geneem
‘n vrou gebou
uit eie been
in vlees geword
na wens voltooi
wat hart uitstort
in appels rooi
letter meng lip
tot soet fluister
ek is jou rib
verpak in pleister

Breekbaar

Deur Datum gepubliseer: 21 September 2020 3

Die gekraakte kruik
se bars breek oop
in mis van gebruik
het olie uitgeloop

as dik vol trane
deur skeur se krake
vermom as blink bane
in gedane sake

Het stamp se stukke
van herhaaldelik se,
se seer oomblikke
in skerwe gaan le

Die Beeldhouer haar behoud
gelym met geloof en Goud

Losprys

Deur Datum gepubliseer: 21 September 2020 5

Koop my
lyf met
jou hart
en dan
sal ek
be-sluit
of jou
lyf my
hart kan
be-kos-tig

Musikant

Deur Datum gepubliseer: 13 Februarie 2017 9

Groot swart lumen
van jou pupil
sluk my ritmies in
op die maat van staccato
Note lê kort asem
versprei in die lyne
van jou lyf
My hand begelei
die wysie in jou wese
tot konvulsie simfonie
bewend beëindig
in siels harmonie
Die liefde belei
in mooiste klank
se…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 62 gaste aanlyn

Bydrae Totale