Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Mariette

Vriende

Deur Datum gepubliseer: 15 Januarie 2017 10

vrienskappe is kosbaar soos diepsee pêrels
vasgestring in snoere van mooi onthou
geeneen van hulle is dieselfde nie
maar tog is elkeen in my hart se klop toegevou

Party is die kleur van ‘n wilde angelier
ander weer die blou van ‘n koringblom
gedagtes vloei soos riviere sonder end
bly…

Voëlsonde Kaskenades

Deur Datum gepubliseer: 1 Januarie 2017 8

Katlagter sit en skel onverpoos
vergeet soms dat ander is ook broos
Piet-my-vrou sit in diepe rou
haar man het haar gisteraand afgeknou
het mos gister saam met vink gesuip
by die prieël waar gegiste korrels van soetheid druip

Hadida sit op die nok en treur
Uil se brassery het die hele nag sy rus versteur
tannie…

Betlehem geskenk

Deur Datum gepubliseer: 1 Januarie 2017 10

Engele het die blye boodskap gebring
die ster se lig het tot in die donkerste hoeke ingedring
‘n Verlosser is vir ons gebore
maar ‘n normale lewe was vir Hom nie beskore

Toe Maria in Sy onskuldige kinderoë kyk
wie sou kon dink dat Hy biddend sou smeek dat die galbeker moes wyk?
terwyl Sy…

Geel Magrietjie Vrou

Deur Datum gepubliseer: 30 Desember 2016 15

Ek sien jou in rooi, en ek sien jou in blou,
maar geel is die mooiste waarvan ek hou.
jy sweef, kantel en dartel in my gees,
ai my vriendin jy is deel van my onthou se vlees.

Jou oë se blou les die dors in my onthou,
glimlag se rooi gee die monsters…

WINTER

Deur Datum gepubliseer: 29 November 2016 9

WINTER IN MY HART

My hartseer bars oop soos ‘n ryp granaat
vloei die verlange druppend op die grond
die alleenwees rasper aan my brose siel
my Vader, hoe moet ek nou voor U kom kniel

die helfte van my is weggeruk
hoe smaak ek hierná weer geluk
wonde wat…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 49 gaste aanlyn

Bydrae Totale