Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Marieta McGrath

grond

Deur Datum gepubliseer: 14 Augustus 2019 2

(silwer)

daar is nou niks meer wat die grond terughou nie
die wind was nog nooit so wild soos nou nie
sê my ma toe ek bel uit die Kaap
die sand staan op soos mis
en skuif in vlae onbetrokke treine
tussen plaas- en werkershuise deur

my ma sê…

Die duif en die doop

Deur Datum gepubliseer: 19 Julie 2019 1

(silwer)

Die duif stryk neer.
Sy fladderstrompel, maak haar vere glad.
‘n Tikkie purper glim.
Haar krop vol akoestiek,
haar kop wat wieg soos konings in prosessie,
trap sy rond
van sekerheid –
was sy op my dak,
of ‘n gladde beeld van klip,
sou haar kloutjies hoorbaar klik

Vergelegen

Deur Datum gepubliseer: 9 Julie 2019 1

(silwer)

Vergelegen se ingevoerde kamfers
staan al driehonderd jaar onveranderd.
Hulle was maar altyd hier.

Die herehuis ook.
Van der Stel het haar in die lewe gebring –
sorgvuldig, mildelik voorsien deur die VOC –
maar later is sy verwaarloos, selfs onteer
deur die kitsch van ‘n Ier, gelukkig
dat Lady Phillips haar twee eeue later restoureer
tot volle…

Patmos-palimpses (‘n villanelle)

Deur Datum gepubliseer: 19 Junie 2019 1

Die woord slaan tent op onder mensvel.
Ons voel sy glorie wit en blink,
soos brokkies manna op ons lippe.

In die begin was een multidimensionele sin.
Toe slaan die woord tent op onder mensvel
en gee aan die wesens hulle name.

Die woord gee lig aan die wesens…

Haikoe (silwer)

Deur Datum gepubliseer: 18 Junie 2019 Hou van

winter stroop plataan
tot knokkerig verwese
oumensborselkop

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 95 gaste aanlyn

Bydrae Totale